Praise and Worship is een van die belangrikste geestelike beginsels wat ons ons kinders van kleinsaf moet leer. Dis ook een van ons kragtigste geestelike wapens. Ons probeer om elke kwartaal ‘n Praise and Worship aand met ons kinders te hou, waartydens dit oor meer as net lekker saamsing gaan. Tydens elke sessie leer ons hulle WAT dit is, sodat hulle van kleins af die waarde daarvan sal besef en leer hoe belangrik dit is.
Praise and Worship 1
Worship Ysbreker 1: Ons probeer om ons Praise and Worship aande interaktief te hou soos al ons ander lesse. Die aand begin met ‘n ysbreker waar die kinders moet probeer om mekaar se hare te tel, en vingers en tone om te sien hoe uniek en amazing ons Groot God elkeen gemaak het. Hierna sing ons drie van ons Worship liedjies.
Storie en Aktiwiteit: Die verhaal van Jesus se intog in Jerusalem word daarna vir die kinders vertel met aksies wat hulle moet doen by sekere dele van die verhaal. Ons sing hierna weer twee liedjies.
Praise Ysbreker 2: Praise word aan die kleintjies verduidelik en dat selfs die engele vir God sing. Die kinders kry prentjies van engeltjies om in te kleur. Ons sing ons laaste twee liedjies.
Laai die dokument hieronder in PDF formaat af:
KINDERKERK LES – Praise and Worship
Uitdeelstuk praise and worship
Hier is die videoclips van die liedjies wat ons vir die aand gebruik het:
Volg die skakel hieronder na ons ander Praise and Worship hulpbronne:
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/praise-and-worship/
Volg die skakel hieronder na ons ander Kinderkerk lesse:
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/kinderkerk/
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2018/01/23/kinderkerk-les-praise-and-worship/ […]
LikeLike
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2018/01/23/kinderkerk-les-praise-and-worship/ […]
LikeLike