AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.
Daar is darem niks mooier as wanneer ons ons kleintjies die kans gee om te bid en die vrymoedigheid sien waarmee hulle bid nie. Woensdagaande tydens EPIC Jeug is dit AMAZING om te sien hoe die ou kleintjies vorentoe kom om te bid, en baie hartseer om te sien hoe die groot kinders bly sit omdat hulle te skaam is.
Gebed is een van die belangrikste fondamente van ons verhouding met God, en daarom is dit uiters belangrik om kinders van ‘n jong ouerdom af daaroor te leer en daaraan bloot te stel, veral die wat nie die voorreg in hulle huise het nie.
Gebedstasies: Jabes se Gebed
Ons probeer om elke kwartaal by EPIC Jeug ‘n Gebedsaand met ons senior kinders te hou, hierdie jaar het ons besluit dat dit tyd is om die kleintjies deel daarvan te begin maak, op hulle eie manier wat hulle sal verstaan.
Algoa Gemeenskapskerk het die opdrag by die Here gekry om Jabes se gebed oor ons huisgesinne asook oor die gemeente te bid. Met hierdie les sluit ons ons kinders daarby in deur hulle te leer wat Jabes se gebed is, wat dit beteken en hoe om dit te bid.
Die les is interaktief soos al ons lesse met aktiwiteite en geleenthede vir die kinders om ook te bid.
1 Kronieke 4:9-10: Die aanbieder lees Jabes se gebed vir die kinders in BAIE eenvoudig taal, terwyl hulle by elke deel ‘n aksie of ‘n handgebaar moet doen.
Aktiwiteit – Vergroot ons grondgebied: Hierdie aktiwiteit is seker een van die mooiste en effektiefste maniere om ‘vergroot ons grondgebied’ aan ons kinders te verduidelik. Hulle staan in ‘n sirkel en gooi ‘n boontjiesakkie na buite, daar waar dit val gaan staan hulle, en dis wat dit in eenvoudige taal vir die kleintjies beteken. Nadat hulle die aktiwiteit gedoen het, word daaroor gebid.
Aktiwiteit – God se hand met my: Die kinders teken hulle hande op papier, knip dit uit en skryf hulle name daarin. Daarna word daaroor gebid.
Aktiwiteit – Hou Jabes veilig: ‘n Prentjie van Jabes word binne ‘n botteltjie met ‘n nou nekkie geplaas. Die kinders rol dan ‘n papier balletjie, sit dit in die bek van die balletjie, en probeer Jabes ‘raakskiet’ met die balletjie. Die balletjie val egter elke keer uit, want Jabes word ‘beskerm’ deur die hoër lugdruk binne die botteltjie, net soos God ons beskerm. Nadat hulle die aktiwiteit gedoen het, word daaroor gebid.
Laai die dokumente hieronder in pdf formaat af:
KINDERKERK LES – Gebedsgeleentheid
Volg die skakel hieronder na ons ander gebedshulpbronne:
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/gebed/
Volg die skakel hieronder na ons ander Kinderkerk Gebedstasies:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/kinderkerk-gebedstasies/
[…] https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2018/01/25/kinderkerk-les-gebed/ […]
LikeLike