Algoa Gemeenskapskerk het die opdrag by die Here gekry om Jabes se gebed oor ons persoonlike lewens, asook oor die gemeente te begin bid.
Dis seker een van die wonderlikste gebede om te bid, maar min mense verstaan werklik WAT hulle bid. As jy die gebed lees dan voel dit amper soos ‘voorspoed teologie’ waarmee jy besig is. Bruce Wilkenson se boekie het ons egter gehelp om te verstaan dat dit einlik nie veel met ons te doen het nie, maar alles met God se koninkryk en ons beskerming terwyl Hy vir ons geleenthede skep om Sy naam groot te maak.
Jeug Gebedsaand: Jabes se gebed
Met hierdie gebedsaand sluit ons ons kinders by die gemeente se opdrag in deur hulle te leer wat Jabes se gebed is, wat dit beteken en hoe om dit te bid.
Die les is interaktief soos al ons lesse met aktiwiteite en geleenthede vir die kinders om ook te bid.
1 Kronieke 4:9-10: Die aanbieder lees Jabes se gebed vir die kinders in BAIE eenvoudig taal, terwyl hulle by elke deel ‘n aksie of ‘n handgebaar moet doen.
Aktiwiteit – Vergroot ons grondgebied: Hierdie aktiwiteit is seker een van die mooiste en effektiefste maniere om ‘vergroot ons grondgebied’ aan ons kinders te verduidelik. Hulle staan in ‘n sirkel en gooi ‘n boksie na buite, daar waar dit val gaan staan hulle, en dis wat dit in eenvoudige taal beteken. Die doel daarvan is egter dat God vir ons meer geleenthede sal skep om SY naam groot te maak en van Hom te vertel en te getuig. Nadat hulle die aktiwiteit gedoen het, word daaroor gebid.
Aktiwiteit – God se hand met my: Die kinders teken hulle hande op papier, knip dit uit en skryf hulle name daarin. Wanneer God ons grondgebied vergroot dan het ons God se hand oor ons nodig – Sy beskerming. Daarna word daaroor gebid.
Aktiwiteit – Hou Jabes veilig: ‘n Prentjie van Jabes word binne ‘n botteltjie met ‘n nou nekkie geplaas. Die kinders rol dan ‘n papier balletjie, sit dit in die bek van die balletjie, en probeer Jabes ‘raakskiet’ met die balletjie. Die balletjie val egter elke keer uit, want Jabes word ‘beskerm’ deur die hoër lugdruk binne die botteltjie, net soos God ons beskerm. Wanneer ons Jabes se gebed begin bid dan moet ons dit in totale afhanklikheid van God doen, en onder SY beskerming. Nadat hulle die aktiwiteit gedoen het, word daaroor gebid.
Ons het ook ‘n Kinderkerk les / gebedsgeleentheid oor Jabes se gebed vir die kleintjies op die Blog. Volg net die skakel hieronder:
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2018/01/25/kinderkerk-les-gebed/
Laai die dokumente hieronder in pdf formaat af:
Volg die skakel hieronder na ons ander gebedshulpbronne