Wanneer dit by ons kleintjies kom het ons nooit ‘n probleem met bid nie. Op ‘n Woensdagaand by EPIC Jeug is daar so baie wat wil bid dat dit amazing is om dit te beleef.
Om die ouer kinders te kry om te bid is egter ‘n heel ander storie, en ons sien soos die kleintjies ouer raak, verloor ook baie van hulle die vrymoedigheid om te bid.
Gebed is een van die fondamente van ons verhouding met God, daarom is dit vir ons baie belangrik om een keer per kwartaal ‘n gebedsaand met ons kinders te hou.
Die gebedsaande vir die kinders is interaktief, waar ons gebruik maak van allerlei aktiwiteite om hulle betrokke te kry en te leer oor die verskillende fasette van gebed. Ons maak meestal van stil gebed gebruik, omdat kinders op hierdie ouderdom baie selfbewus is, en ons gebed graag wil aanmoedig, en hulle nie ‘n slegte ervaring daarvan wil gee nie.
Jeug Gebedsaand: God se karakter
Tydens hierdie aand het ons die kinders ‘n kans gegee om na te dink oor wie God is en hoe belangrik Hy in hulle lewens is. Hulle het ook oor die verskillende karakter eienskappe van God gebid.
Ons het eers begin met die basiese vrae soos wat is gebed en hoekom bid ons.
Waaraan laat God jou dink: Kinders gaan buitetoe en tel drie items op wat hulle aan God laat dink – daarna kom gee hulle terugvoering in die groot groep.
God se karakter: elke groep kry ‘n houer met papiertjies met van God se karakter eienskappe op. Elke kind trek een en bid dan daaroor – sê vir God dankie vir daai karakter eienskap en hoe hulle dit in hulle lewe ervaar.
Nagmaal: Die betekenis en die gebruik van nagmaal word aan die kinders verduidelik, daarna kry hulle kans om dit te gebruik.
Dankie: die leier begin om te bid, dankie Here vir… en dan volg elke kind in die groep
deur dieselfde te sê en waarvoor hulle dankbaar is.
Somerstrand gemeente het ‘n baie oulike boekie om jou kinders vir die nagmaal voor te berei wat julle by die skakel hieronder kan aflaai:
Click to access nagmaal-kinders-somerstrand-gemeente-web.pdf
Laai die Jeug Gebedsaand: God se karakter hieronder in PDF formaat af:
Jeug Gebedsaand – God se karakter
Volg die skakel hieronder na ons ander gebedshulpbronne
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/gebed/