Jeug Gebedsaand: Transformasie

Jeug Gebedsaand - Transformasie

Wanneer ek die dag tot bekering kom, dan is gebed soos my geestelik suurstof – ek kan nie daarsonder oorleef nie. Baie van ons kinders word egter nooit werklik daaraan blootgestel nie, en sukkel daarom net soos meeste volwassenes om te bid.

By EPIC Jeug is dit vir ons baie belangrik om een keer per kwartaal ‘n gebedsaand met ons kinders te hou om hulle van ‘n jong ouderdom af daaroor te leer en daaraan bloot te stel.

Jeug Gebedsaand: Transformasie

Ons het ‘n reeks gedoen oor transformasie na bekering en dat ek anders as voor my bekering moet leef. Hierdie gebedsaand het die kinders die kans gegee om daaroor te bid en verskillende dele van hulle lewens onder beheer van die Heilige Gees te plaas.

Vernuwe jou denke: Rom 12:2 – Die leier doen ‘n demonstrasie met ‘n toiletrolletjie en watte om dit aan die kinders te verduidelik. Daarna kry die kinders kans om daaroor te dink en te bid.

My liggaam is ‘n tempel van God: 1 Kor 6:9-10 – Die leier doen weer ‘n demonstrasie met skoon water en koek kleursel en wat gebeur wanneer ek my liggaam beskikbaar stel vir goed waarmee God nie tevrede is nie. Die kinders kry kans om daaroor te dink en te bid.

Bewaak jou hart: Spr 4:23 – Die leier verduidelik wat die beteken. Daarna kry die kinders kans om daaroor te dink en te bid.

Bekeer jou tong: Jak 3:5 – Die leier doen ‘n demonstrasie met vuurhoutjies om dit aan die kinders te verduidelik. Die kinders kry kans om daaroor te dink en te bid.

Maak klaar met die ou dinge: Fil 3:13 – Die kinders neem saam met hulle leier deel aan ‘n pragtige demonstrasie om hierdie fisies vir hulle te verduidelik. Hulle plak hulle papier hartjies op die kruis en bid daaroor.

Laai die dokumente hieronder in PDF formaat af:

Jeug Gebedsaand – Operasie Transformasie

Hart templates

Voetspore templates

Volg die skakel hieronder na ons ander gebedshulpbronne

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/gebed/

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s