Jeug Gebedsaand: Herlewing

Jeug gebedsaand - Herlewing

Herlewing is ‘n woord wat die afgelope paar jaar baie gehoor, oor gebid en voor gewag word. By Algoa Gemeenskapskerk sien ons met afwagting en opgewondenheid daarna uit.

Jeug Gebedsaand: Herlewing

Daar is baie beloftes oor Algoa Gemeenskapskerk uitgespreek, en een van hulle is Herlewing. Dis vir ons baie belangrik dat ons kinders ook verstaan waaroor Herlewing gaan en ‘n passie daarvoor kry. Tydens hierdie gebedsaand het ons gebid oor hoe EK ‘n verskil kan maak rondom my, ons het ook oor herlewing in die kerk gebid.

Sondebelydenis: Die kinders maak hulle self skoon voor die Here en doen sondebelydenis.

Negatiewe woorde: Kinders skryf negatiewe woorde neer wat oor hulle uitgespreek is, bid daaroor en skeur dit op.

Vergifnis: God het ons nou ons sondes vergewe, nou is dit tyd om die wat ons seergemaak het te vergewe. Elke kind kry ‘n klippie wat hulle in ‘n glashouer met water in gooi, en soos die klippie na onder val word die persone wat hulle seergemaak het vrygespreek.

“Do something” uitdaging: Dis nou tyd om op ander te fokus. Ons speel die liedjie ‘Do something’ vir die kinders, dan kry hulle die kans om te besluit wat hulle in die areas van Familie, Skool en Gemeenskap gaan DOEN. Daarna word daaroor gebid.

Herlewing: Herlewing is wanneer die Heilige Gees kom en jou hart weer aan die brand steek vir God. Dis wanneer Hy jou van binne verander en weer nuutmaak sodat jy weer ‘n passie vir God en vir verlore siele het. Groepe bid saam vir herlewing onder die jeug.

Laai die dokumente hieronder in PDF formaat af.

Jeug Gebedsaand – Herlewing

Herlewing boekie

Volg die skakel hieronder na ons ander gebedshulpbronne

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/gebed/

 

 

 

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s