7 Days on the Wall is ‘n 24/7 gebeds inisiatief van Jegrigo mure waartydens vir herlewing gebid word. In die tyd van hierdie gebedsaand was die gemeente by 7 Days on the Wall betrokke en het die kinders tydens EPIC Jeug ook hulle beurt gekry.
Jeug Gebedsaand: 7 Days on the Wall
Tydens hierdie gebedsaand het ons die kinders geleer hoe om die Swaard van die Gees, die Woord te gebruik wanneer ons bid. By elke gebedspunt is daar ‘n gebeds voorbeeld waar die Woord gebruik word om die kinders te leer hoe om dit te doen.
Persoonlike Herlewing: ‘n Illustrasie word met foil gedoen om aan die kinders te demonstreer hoe God wil hê ons lewens moet lyk, en hoe dit in werklikheid lyk, en die keuses wat hulle rondom dit kan doen. Daar word dan daaroor gebid.
Verlore Siele: Die verhaal van die verlore seun word vir die kinders gelees en dan bid hulle vir verlore siele. Daar is ‘n hidden picture van die verlore seun wat die groepe kan doen as hulle genoeg tyd het.
Herlewing / Uitstorting van die Heilige Gees: Ons gesels eers met die kinders oor WAT herlewing is en HOE herlewing gebeur. Dan word daar vir herlewing gebid volgens sekere gebedspunte. As daar tyd oor is dan kan die kinders die Heilige Gees – soek die verskille doen.
Laai die dokument hieronder in PDF formaat af:
Jeug Gebedsaand – 7 days on the wall
Hidden Picture – Die Verlore Seun
Soek die verskille – Uitstorting HG
Volg die skakel hieronder na ons ander gebedshulpbronne
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/gebed/