Jeug Gebedsaand: Verhouding met God

Jeug gebedsaand - Verhouding met God 2

Gebed is een van die pilare waarop Algoa Gemeenskapskerk gebou word. Ons hou gereeld ‘n week van gebed in ons gemeente, en sonder dan een aand af, waar ons ‘n gebedsaand vir ons kinders hou, om hul van jongs af die belangrikheid van gebed te leer.

Die gebedsaande vir die kinders is interaktief, waar ons gebruik maak van allerlei aktiwiteite om hulle betrokke te kry en te leer oor die verskillende fasette van gebed. Ons maak meestal van stil gebed gebruik, omdat kinders op hierdie ouderdom baie selfbewus is, en ons gebed graag wil aanmoedig, en hulle nie ‘n slegte ervaring daarvan wil gee nie.

Jeug Gebedsaand: Verhouding met God

Hierdie gebedsaand kyk na die verskillende aspekte van ons verhouding met God, en help die kinders om op ‘n kreatiewe, interaktiewe manier daaroor te bid. Dit word in die vorm van gebeds stasies gedoen.

Hoe vinnig klop jou hart: Rom 10:1 – Kinders neem hulle polsslag per minuut, en bid vir ‘soveel kinders’ soos hulle polsslag is, by die skool wat nie vir Jesus ken nie.

Plant God se Woord in jou hart: Matt 13:1-13 – ELke kind wat wil kry die kans om ‘n saadjie in ‘n foam glasie te plant om God wat Sy Woord in ons hart plant te demonstreer. Hierna bid die kinders daaroor.

Reminders: Deut 11:16-20 – In die Bybel se tyd het mense ‘reminders’ gehad om hulle aan God se Woord en gebooie te herinner, vandag het ons selfone, dagboeke en kalenders om ons dinge te help onthou. Elke kind neem hulle selfoon en maak 7 ‘afsprake’ met God vir die volgende 7 dae op hulle selfone om hulle te onthou om stiltetyd te doen. Daarna bid elkeen by hulle self en vra dat God hulle hierdie week in hulle stiltetyd sal ontmoet.

Waar is JY op die ‘map’: Open 3:15-16; 20 – Kinders word gekonfronteer met hulle geestelik toestand deur op die ‘kaart’ aan te dui of hulle geestelik warm, koud of lou is. Daarna bid hulle daaroor.

Friend Request: Joh 3:16, 1 Joh 1:9 – God kom staan vanaand met ‘n ‘friend request’ voor jou, maar soos op facebook, kan Hy NET deel van jou profile – jou lewe raak – as jy Hom as ‘friend accept’! Soos jy vanaand voor die kruis staan, vra vir God om jou hart te ondersoek, en jou te help om jou behoefte aan Jesus se offer vir JOU raak te sien. Die kinders bid dan daaroor.

Laai die dokumente hieronder in PDF formaat af:

jeug-gebedsaand-n-verhouding-met-god

gebeds-stasies

uitdeelstuk-vir-leiers

facebook-friend-request

Volg die skakel hieronder na ons ander gebedshulpbronne

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/gebed/

 

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s