Jeug Funaand: Survivor for Christ

Survivor 2

Ons Funaande word soms as net ‘n lekker aand met geen boodskap gedoen, en soms is dit ‘n Funaand met ‘n geestelike tema.

Hierdie Funaand is deel van die Senior Sondagskool reeks “Begin die Reis” https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/04/05/jeug-begin-die-reis/

Dit kyk na alles wat ek as jong gelowige nodig het om die pad saam met Jesus te loop – en trek elke geestelike deel met ‘n speletjie of aktiwiteit deur.

Survivor for Christ

Om Jesus te volg voel partykeer letterlik soos ‘n Survivor speletjie. Kinders word op ‘n Survivor challenge gestuur om hulle so bietjie van ‘n idee te gee wat om te verwag en wat om te doen as hulle hierdie pad saam met Jesus voluit wil loop.

CHALLENGE 1: Sterf aan jouself

Wanneer ek die dag tot bekering kom kan ek nie bly leef soos ek geleef het nie. Ons lees in Fil 3:13 “Ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is”.

Aktiwiteit:  Die kinders skryf op ‘n papiertjie die dinge neer wat hulle mee wil klaarmaak. Almal in die groep word geblinddoek en deur die leier gelei tot by ‘n vuurtjie waarin hulle die papiertjies kan verbrand as simbool van hulle ‘committment.

CHALLENGE 2: Neem jou kruis op en volg my:

Jesus sê in Sy Woord dat as ons Hom wil volg, ons ons kruis moet opneem en Hom volg.

Aktiwiteit: Elke groep kry ‘n swaar klip wat hulle as groep vir die res van die aand moet beurte maak om saam met hulle te dra.

CHALLENGE 3: Sluit by ‘n kerk aan

As nuwe gelowige is dit belangrik om by ‘n kerk aan te sluit om jou te leer, te ondersteun en jou vlammetjie helder te laat brand.

Aktiwiteit: Bou ‘n basiese shelter as groep met die hulpmiddels wat voorsien word, waarin almal kan inpas

CHALLENGE 4: Gebed

Gebed is ‘n baie belangrike deel van ons verhouding met God, tydens hierdie challenge word daar meer hieroor gesels.

Aktiwiteit: kinders vat stukke papier en rol papier balletjies daarmee. Die groep kyk hoeveel balletjies hulle almal saam in ‘n emmer gegooi kan kry. Gebed is NIE soos die gooi van die papierballe in die emmer nie – hoop jy tref die target, en  ‘n vinnige aksie waaroor jy nie regtig dink nie.

CHALLENGE 5: Bybel lees

As ek Jesus wil volg het ek instruksies nodig, en dit kry en in die Bybel. As ek nie my Bybel lees nie, dan gaan ek nie weet wat Jesus van my verwag en hoe ek moet leef nie.

Aktiwiteit: Vou ‘n Origami figuurtjie eers sonder instruksies en daarna met instuksies sodat die kinders die belangrikheid van die Bybel as God se ‘instruksie manuel’ kan snap.

Laai die dokument hieronder in pdf formaat af:

JEUGLES – Survivor – Hoe oorleef ek as nuwe Christen

Survivor Challenges 1-5

Volg die skakel hieronder vir al ons ander Jeug Funaande:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/funaande/

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s