Funaande is baie gewild by ons EPIC Jeug op ‘n Woensdagaand, en ons besef hoe belangrik dit is om so een keer ‘n kwartaal een vir die kinders te hou.
Die Fear Factor funaand het ons as deel van die reeks “Begin die Reis” met ons kinders gedoen. https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/04/05/jeug-begin-die-reis/
Ons het dit aan die einde van die aand geestelik deurgetrek na ‘wat hou jou terug’, wat maak jou bang om die besluit te neem om jou lewe vir Jesus te gee.
Fear Factor
Die kinders het hierdie aand teen ons verwagtings in vreeslik baie geniet. Hier is die ‘fear factor’ speletjies wat ons met hulle gespeel het, jy kan egter so kreatief raak soos wat jy wil met hierdie tema.
1. EET TOETS: elke groep kry ‘n bakkie met ‘n klomp goed in om te eet. Daar is net 1 van elke ding in. Die doel is om te kyk of die hele groep alles in die bakkie kan eet – sonder dwang. (garlic, suurlemoen, aartappel, olyf, rock blaar, baby marrow ens.)
2. VOEL TOETS: kinders word geblinddoek en moet probeer om goed in ‘n houer te identifiseer deur daaraan te vat. (versiersuiker, olywe, gekookte 2 min noodles, lensies, klapper ens.) Goed met verskillende en vreemde teksture.
3. SLEUTEL TOETS: op ‘n tafel is ‘n klomp slotte, elke groep kies vir hulle een. Die groep moet probeer om die regte sleutels uit ‘n bak uit te haal. In die bak is daar groen gekookte spaghetti met BAIE olie deurgemeng, droeë pietersielie en ‘n klomp oorryp piesang skille.
4. BABA SE DOEK: nutella word in ‘n weggooi babadoek gesmeer – die kinders moet dit met hulle vingers van die doek afeet. Elke kind kry ‘n beurt en soos die nutella min word smeer jy weer op.
5. HAPPY MEAL: hierdie meal is eintlik NIE so happy of lekker nie! ‘n MacDonalds meal word ‘geblend’ en die kinders moet dit drink.
6. YSTONE: elke groep kry ‘n skottel of emmer met yswater, ysblokke en albasters in. Elke kind kry ‘n beurt om albasters met hulle tone te probeer uithaal. Daar is 3 albasters per kind in die water.
7. YSVUIS: elke kind in die groep kry ‘n ysblokkie. Hulle moet probeer om dit lank genoeg in hulle hand te hou dat dit smelt.
8. DEEL DIE LAS: daar is 2 tafels, die een het leë houers op en die ander tafel houers met grillerige goed. Die span moet die grillerige goed een vir een van die een tafel na die houer op die ander tafel in hulle hande ‘vervoer’. (philshards, opgesnyde vrugte, oorryp piesangs wat uit die skil gehaal is ens.)
9. BALLOON STAMP: meeste meisies hou glad nie van hierdie speletjie nie. Elkeen kry ‘n ballon wat hulle om hulle enkel met ‘n toutjie moet vasmaak. Hulle moet dan probeer om mekaar se ballonne te probeer stukkend trap.
Laai die dokument hieronder in pdf formaat af:
Volg die skakel hieronder na ons ander Jeug Funaande:
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/funaande/