Jeug Gebedsaand: Dissipel van Jesus

Jeug Gebedsaand - Dissipel van Jesus

Dis die begin van ‘n nuwe jaar, en in meeste gemeentes word binnekort ‘n week van gebed gehou. Miskien is dit tyd (as julle dit nie alreeds doen nie), om ons kinders op ‘n manier daarby betrokke te kry.

Baie volwassenes sukkel om te bid omdat hulle dit nie as kinders geleer is nie, en miskien is dit nou die tyd om dit reg te stel.

Jeug Gebedsaand: Dissipel van Jesus

‘n Jeug Gebedsaand is een van die kreatiefste aande of geleenthede wat jy met jou kinders kan doen. Daar is BAIE voorbeelde op die internet beskikbaar, tik net “prayer stations” in. Volg die skakel hieronder na nog ‘n hele paar gebedsaand en Jeug-gebeds-hulpbronne op die Blog: https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/gebed/

Ons hou gereeld ‘n gebedsaand met ons EPIC Jeugkinders op ‘n Woensdagaand. Ons deel graag die een met julle wat ons hierdie kwartaal met ons kinders gaan doen.

Sonde ‘boks ons in’, maar Jesus maak ons vry:  Elke groep het ‘n skoenboks met “God haat alle sondes” aan die een kant geskryf en “Jesus maak ons vry” aan die ander kant. By God is daar nie klein of groot sondes nie, sonde is sonde, die goeie nuus is dat Jesus ons vergewe as ons opreg jammer sê. Kinders kry ‘n sleutel en skryf hulle naam daarop, bid om vergifnis vir hulle sondes, daarna gooi hulle die sleutel met hulle name op by die “Jesus maak ons vry” kant.

Om anders te leef sodat die wêreld Jesus in ons kan sien: Deur Jesus se dood en opstanding het ons ‘n nuwe lewe in Hom. Voordat ons ons harte vir Jesus gegee het, het daar nie veel aangegaan nie. Wanneer ons ons harte vir Jesus gee, gebeur daar iets amazings. Hy vat daai ou boring mens en maak ons nuut. Hy maak ons vol van Sy lewe. Dis soos om ‘n waterbottel voor bekering oop te maak en ‘n sprite bottel na bekering. Bid dat God jou sal help om reg te leef hierdie jaar, sodat die wêreld Jesus in jou kan sien.

Om ander van Jesus te kan vertel: Leiers trek hulle skoene uit – Wie hou van voete? God doen!  “Hoe wonderlik klink die voetstappe van die wat die goeie boodskap bring.” Hierdie gedeelte wys vir ons dat God baie van ons voete hou wanneer ons gaan en die goeie boodskap aan ander vertel, en dat Hy vir ons nuwe lewe gee. Skryf een ding op ‘n blaaitjie neer wat jy dadelik gaan begin doen sodat jou voete aan die beweeg kan kom. Bid nou daaroor en dat jou voetstappe lieflik sal klink vir God.

Bid vir verlorenes: Net soos die vrou met die verlore muntstuk bly was oor haar munstuk wat sy gekry het, is God bly oor sondaars wat tot bekering gekom het en nie meer oppad is hel toe nie. Ons bid vir die mense wat God nie ken nie en nog verlore is. Jy kan bid vir spesifieke mense of net oor die algemeen vir die mense in die wêreld.

Laai die dokumente hieronder in pdf formaat af:

Jeug Gebedsaand

Sleutels

Muntstukke

Volg die skakel hieronder na ons ander gebedshulpbronne

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/gebed/

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s