AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.
Lesreeks: God die Vader
God die Vader is vir baie van ons kleintjies ‘n baie vae begrip. Hulle weet van Jesus en wat Hy gedoen het, asook baie van die wonderwerke, maar ons praat baie min oor God die Vader met ons kinders.
Hierdie lesreeks kyk na die verskillende eienskappe van God. Dis eenvoudig en interaktief en daarop gemik om kinders te leer wie God die Vader is.
In hierdie Reeks behandel ons die volgende temas:
- Drie-Eenheid
- God is Almagtig
- Eienskappe van God
- God is ons Vader
1. KINDERKERK LES: Drie-Eenheid
Voordat ons die kleintjies oor God die Vader kan leer, moet hulle eers weet en verstaan (sover moontlik) van die Drie-Eenheid. Hierdie les is eenvoudig met oulike illustrasies om hulle juis te probeer leer.
2. KINDERKERK LES: God is Almagtig
In hierdie les leer ons dat God enige iets kan doen, selfs dit wat ons nie kan doen nie. Die les gebruik die verhaal van Josua wat God gevra het om die son en die maan te laat stilstaan sodat die Israeliete die vyf konings se weermag kon wen.
KINDERKERKLES – God is Almagtig
Inkleurprent – God is Almagtig
3. KINDERKERK LES: Eienskappe van God
In hierdie les leer ons ‘n klompie eienskappe van God naamlik dat Hy ewig,
alomteenwoordig, en alwetend is. Hierdie is ‘n baie praktiese les met oulike illustrasies om die kinders te help om hierdie eienskappe beter te verstaan.
KINDERKERKLES – God is ewig-alomteenwoordig-alwetend
4. KINDERKERK LES: God is ons Vader
In hierdie les leer die kinders dat God ons Hemelse Vader is wat ons nooit sal verlaat of sleg behandel nie. Die verhaal van die verlore seun word hiervoor gebruik.
KINDERKERKLES – God is ons Vader
Inkleurprent – God is ons Vader
Volg die skakel hieronder na ons ander Kinderkerk lesse:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/kinderkerk-lesse/
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2018/01/14/kinderkerk-lesreeks-god-die-vader/ […]
LikeLike
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2018/01/14/kinderkerk-lesreeks-god-die-vader/ […]
LikeLike