Kinderkerk Lesreeks: Jesus

Blue spectrum background with color abstract bubbles pattern.

AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.

Lesreeks: Jesus

Hierdie reeks fokus op Jesus, wie Hy is, en wat Hy gedoen het. Dit poog om ons kleintjies ‘n beter begrip te gee van wie Jesus is, en nie net wat Hy gedoen het nie. Nagmaal is iets wat ons nie baie met ons kinders oor praat nie, maar dis ‘n baie belangrike tema om met ons kinders te behandel wanneer ons met hulle oor Jesus gesels, ons het ook ‘n les daaroor ingesluit. Hierdie lesreeks kan in enige volgorde met die kleintjies gedoen word.

In hierdie Reeks behandel ons die volgende temas:

  1. Drie-Eenheid
  2. Inleiding – Jesus
  3. Jesus is ons vriend
  4. Jesus maak ons gesond
  5. Hoekom het Jesus aarde toe gekom?
  6. Jesus leer ons
  7. Jesus leef
  8. Nagmaal
  9. Jesus hersien speletjies

1. KINDERKERK LES: Drie-Eenheid

Voordat ons die kleintjies oor Jesus kan leer, moet hulle eers weet en verstaan (sover moontlik) van die Drie-Eenheid. Hierdie les is eenvoudig met oulike illustrasies om hulle juis te probeer leer.

KINDERKERKLES – Drie-Eenheid

2. KINDERKERK LES: Inleiding – Jesus

Hierdie is ‘n inleidende les om die kinders aan Jesus ‘bekend’ te stel

KINDERKERKLES – Inleiding – Jesus

Prente: Action Hero’s

Hulk

Spiderman

Superman

The Flash

Prente: Wonderwerke van Jesus

Jesus genees ‘n lam man

Jesus loop op die water

Jesus maak die storm stil

Jesus staan op uit die dood

3.KINDERKERK LES:  JESUS IS ONS VRIEND

In hierdie les leer die kinders dat Jesus ons vriend is. Die verhaal van die man wie se vriende hom deur die dak laat afsak het sodat Jesus hom kon genees word vir die les gebruik.

KINDERKERKLES – Jesus is ons Vriend

Inkleurprent – Jesus is ons Vriend

4. KINDERKERK LES: Jesus maak ons gesond

In hierdie les gesels met die kleintjies oor Jesus wat enige siekte kan genees en dat ons kan bid vir Jesus om ons of iemand anders gesond te maak. Die verhaal waar Jesus vir Bartimeus gesond maak word as deel van die les gebruik.

Een van ons Kinderkerk personeel het so bietjie haar eie stempel op die les afgedruk. Sy het ‘n doktersjas met ‘n bril en stetoskoop aangetrek, en haar dogter gekry om die storie van Bartimeus met poppe saam met haar te vertel. Ons het ‘n hele paar stetoskope by die kerk en daarna het elke kind die kans gehad om na hulle eie hartklop te luister. Hier is ‘n videoclip met ‘n stukkie van die les

KINDERKERK LES – Jesus maak ons gesond

Jesus maak Bartimeus gesond

5. KINDERKERK LES: Hoekom het Jesus aarde toe gekom?

In hierdie les verduidelik ons vir die kinders hoekom dit juis nodig was vir Jesus om aarde toe te kom en aan die kruis te sterf. Dis ‘n lekker praktiese les wat vir die kinders op ‘n eenvoudige manier verduidelik dat Jesus ons hartjies kom skoon was het.

KINDERKERK LES – Hoekom het Jesus aarde toe gekom

Hoekom het Jesus aarde toe gekom – Groot hart

6. KINDERKERK LES: Jesus leer ons

In hierdie les leer die kinders dat Jesus die beste Onderwyser is en dat ons na Hom moet luister. Die verhaal waar Jesus as jong seun die mense in die tempel leer word as deel van die les gebruik.

KINDERKERK LES – Jesus leer ons

Jesus leer die manne in die tempel

Hier is die skakels vir die Ysbreker oor die geluide: onthou as jy nie ‘n projektor in jou kinderkerk het nie, dan kan jy hierdie videoclips na MP3- audioclips ‘convert’.

 

7. KINDERKERK LES: Jesus leef

In hierdie les leer die kinders dat Jesus opgestaan het en leef. Die graf is leeg. Die verhaal van die opstanding word as deel van die les gebruik met ‘n baie praktiese demonstrasie. Die verhaal word ook op ‘n baie kreatiewe, ongewone manier vertel.

KINDERK LES – Jesus leef

Jesus leef – Gesiggies

Jesus leef – prent 1 pdf

Jesus leef – prent 2 pdf

8. KINDERKERK LES: Nagmaal

In hierdie les leer ons dat Jesus ‘n spesiale ete saam met Sy dissipels gehou het, sodat ons altyd kan onthou wat Hy vir ons aan die kruis gedoen het. Die kinders en grootmense trek Bybelse klere aan, maak die deeg vir die brood in die klas aan en gebruik die nagmaal saam, nadat dit op ‘n eenvoudinge manier aan die kinders verduidelik is.

Hierdie is ‘n les wat ons elke jaar met ons kinders behoort te doen sodat die nagmaal vir hulle die spesiale betekenis sal hê wat Jesus daarvoor bedoel het.

KINDERKERK LES – Nagmaal

Nagmaal – Inkleurprent – PDF

9. KINDERKERK LES: Hersiening speletjies

In hierdie les hersien ons die vorige lesse oor Jesus deur middel van speletjies.

KINDERKERK LES – Jesus hersien speletjies

Jesus hersien speletjie

Volg die skakel hieronder na ons ander Kinderkerk lesse:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/kinderkerk-lesse/

 

 

 

 

 

 

3 comments

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s