AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
Lesreeks: Jesus Christus
Hierdie mini-reeks oor Jesus Christus is ‘n wonderlike manier om die eerste kwartaal van die jaar te begin – veral met die oog op Paasfees. Die reeks kan met ‘n Paasfeesherdenking afgesluit word waar na die dood, opstanding en hemelvaart van Jesus gekyk word.
Hierdie mini-reeks kyk na van die eienskappe van Jesus soos Hy Homself in Sy Woord aan ons bekend maak.
In hierdie Reeks behandel ons die volgende temas:
- Drie-Eenheid
- Jesus ons Goeie Herder
- Jesus die Koning van alle Konings
- Jesus die Lig vir die wêreld
- Jesus ons Vredemaker
- Paasfees
1. SONDAGSKOOL LES 1: Drie-Eenheid
Hierdie amazing God wat ons aanbid is so komplek dat Hy drie persone in een is, iets wat ons menslike verstand nooit werklik sal verstaan nie.
1. SONDAGSKOOL LES – Drie-Eenheid
2. SONDAGSKOOL LES 2: Jesus ons Goeie Herder
In hierdie les leer die kinders dat Jesus ons Goeie Herder is en ons Sy skape. Hulle leer ook dat ons op Jesus kan vertrou om oor ons te waak, ons te lei en ons veilig te hou.
2. SONDAGSKOOL LES – Jesus ons Goeie Herder
3. SONDAGSKOOL LES 3: Jesus die Koning van alle konings
Ons kinders leer dat Jesus nie soos ander konings gelyk het nie, maar dat Hy wel die grootste Koning is wat daar ooit sal wees.
3. SONDAGSKOOL LES – Jesus die Koning van alle konings
4. SONDAGSKOOL LES 4: Jesus die Lig vir die wêreld
In hierdie les leer die kinders dat Jesus die enigste Lig vir ons in hierdie donker wêreld is en dat ons Hom moet soek.
4. SONDAGSKOOL LES – Jesus die Lig vir die wereld
5. SONDAGSKOOL LES 5: Jesus ons Vredemaker
Ons kinders leer dat ons deur Jesus in ‘n vredevolle verhouding met God kan wees wat ons andersins nie sou kon nie.
5. SONDAGSKOOL LES – Jesus ons Vredemaker
6. Paasfees
Hierdie laaste les kan net voor Paasfees met die kinders gedoen word. Die Paasfeesherdenkings hieronder het ons die vorige twee jare met ons kinders gedoen as voorbereiding vir Paasfees.
Paasfeesherdenking 1:
Hierdie Paasfeesherdenking was baie besonders vir die kinders gewees. Elke groep moes eers hulle ‘toerusting’ vir die aand gaan soek het voordat hulle kon begin het. Ons het die kleure van die woordelose boekie as basis gebruik en die hele Verlossings-plan daar rondom vertel. Planke is aan elke groep voorsien en die kinders moes self die kruis aanmekaar spyker. Hulle moes ook die pers lap skeur toe ons by die deel oor die voorhangsel van die tempel kom wat geskeur het. Die kinders het die Paasverhaal op ‘n baie unieke praktiese manier ervaar en beleef. Hulle het saam as groep met nagmaal afgesluit en hulle name op die kruis geskryf.
JEUG – Paasfeesherdenking – 2016
Paasfeesherdenking 2:
Hierdie Paasfeesherdenking lyk so bietjie anders. Ons maak baie gebruik van videoclips. Al die videoclips wat jy gaan nodig kry is met die skakel hierbo beskikbaar. Ons het ook op ‘n pragtige idee vir ‘n Paasfees-krans op http://www.weelittlemiracles.com afgekom wat ons gebruik het. Die dokumente is hieronder beskikbaar.
JEUG – Paasfees Herdenking – Die Paasfeesverhaal
Easter Wreath Pictures page 1 of 2
Easter Wreath Pictures page 2 of 2
Volg die skakel hieronder na ons ander Sondagskool Lesse:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/sondagskool-lesse-snr/
[…] https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2018/01/12/sondagskool-lesreeks-jesus-snr/ […]
LikeLike
[…] https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2018/01/12/sondagskool-lesreeks-jesus-snr/ […]
LikeLike
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2018/01/12/sondagskool-lesreeks-jesus-snr/ […]
LikeLike
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2018/01/12/sondagskool-lesreeks-jesus-snr/ […]
LikeLike