Sondagskool Lesreeks: Wat ons glo Snr.

lesreeks

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

Lesreeks: Wat glo ons? – Seniors

Hoe meer ons in gesprekke met kinders kom, hoe meer besef ons hoe verward hulle is oor wat die basis, die fondament van ons Christelike geloof is, maak nie saak aan watter kerkgenootskap jy behoort nie, maar wat die Bybel ons leer.

Die kinders leer van verskillende gelowe in die skool, en het ook maats van ander gelowe, en dit verwar hulle nog meer. Die Heilige Gees het ons gelei om ons kinders toe te rus in die Waarheid volgens God se Woord – ons gesels in drie lesse met die kinders oor die basis van ons Christelike geloof.

1. Funaand – Geloofsaand

Ons eerste les is in die vorm van ‘n funaand en kyk na WAT geloof is deur middel van ysbrekers en speletjies. Die gee die kinders ‘n goeie begrip vir die lesse wat volg. Die videoclip hieronder word tydens hierdie les gebruik.

JEUGLES – Geloofsaand

Ysbreker – For Real – No ways

GELOOFSHELDE

2. Wat glo ons?

Hierdie is die tweede les en kyk na wat ons glo volgens die Bybel. Die ysbreker kan of as ‘n PowerPoint gebruik word, of die foto’s kan geprint word en die kinders moet in groepe besluit wat is fake or real. Ons het dan net die foto’s wat geprint is gebruik – eers gevra of dit real of fake is en dan die antwoord in PowerPoint gegee. Die videoclip hieronder word tydens die les gebruik:

JEUGLES – Wat glo ons

Wat glo ons – werkboekie vir die kinders

Ysbreker – Real of Fake

Fake or real PPT

3. Wat ons glo:

Tydens hierdie les kry die kinders die geleentheid om dit wat hulle in die vorige les geleer het ‘uit te beeld. Dis ‘n BAIE kreatiewe les en gee die kinders die kans om hulleself uit te leef. Hieronder is van die You Tube video’s wat die groepe gemaak het, asook foto’s van die plakkate.

JEUGLES – Wat ons glo

Uitdeelstuk – Wat ons glo

Hierdie is ‘n ‘Facebook’ page oor wat die kinders glo

IMG-20170830-WA0005 (2)

IMG-20170830-WA0008

IMG-20170830-WA0007

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s