AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.
Jesus se Geboorte
Kersfees is seker een van die grootste feeste wat vandag reg oor die wêreld gevier word. Maar baie mense weet nie mooi waaroor Kersfees gaan nie. Vir baie mense gaan Kersfees daaroor om geskenke te kry.
Soms loop kinders vir dae met ‘n lang gesig rond omdat hulle nie die geskenk wat hulle wou hê gekry het nie.
Maar vir ons as Christene is Kersfees die fees van Jesus. Ons vier die geboorte van Jesus, God se geskenk vir die wêreld.
Hierdie is ‘n baie eenvoudige les, die verhaal van Jesus se geboorte word gelees, en na elke gedeelte is daar ‘n speletjie wat die kinders speel om die deel vir hulle beter te verduidelik. Niks ‘fancy’ nie, want DIS mos nie waaroor Kersfees gaan nie!
Die verhaal van Jesus se geboorte word gevind in Mattheus 1:18 -25; Mattheus 2:1-12; Lukas 1: 26-18; Lukas 2:1-20
KINDERKERK LES – Jesus se geboorte speletjies
Ysbreker – Die engel se boodskap aan die herders
Die Verhaal van Jesus se geboorte
Hierdie skakel sal jou help met die eerste speletjie as jy nie weet hoe om dit te doen nie:
Volg die skakel hieronder na die Sondagskool Les oor Jesus se geboorte
https://algoagemeenskapskerk.com/2017/11/22/sondagskool-les-jesus-se-geboorte-snr/
Volg die skakel hieronder na ons ander hulpbronne oor Jesus se geboorte
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/kersfees/
[…] https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/11/24/sondagskool-les-jesus-se-geboorte-jnr/ […]
LikeLike
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2017/11/24/sondagskool-les-jesus-se-geboorte-jnr/ […]
LikeLike
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2017/11/24/sondagskool-les-jesus-se-geboorte-jnr/ […]
LikeLike