Kersfees: Name van Jesus

Kersfees - Name van Jesus 2

Ons het hierdie week op so mooi versie afgekom wat sê: Ek soek ‘n Kersfees wat JESUS fluister! Ons glo dat dit ons as kinders van God se hartsbegeerte is, om ‘n Kersfees te hê wat van Jesus Christus, Sy groot liefde en Sy groot offer getuig.

Ons het op ‘n wonderlike hulpmiddel afgekom wat julle daarmee kan help. Ons het dit bietjie aangepas en na Afrikaans vertaal. HOE jy dit wil gebruik hang natuurlik totaal van jou af. Jy kan dit as ‘n advent kalender gebruik, of as deel van jou stiltetyd. Ons stel ook alles in word formaat beskikbaar sodat jy dit kan verander en aanpas soos dit jou pas.

Name van Jesus 1

Die eerste dokument is 24 kaartjies met name van Jesus en Skrifdele. Die volgende dokumente is 24 ‘ornamente’ met Jesus se name – in Afrikaans – op wat jy kan uitknip, jou kinders kan help inkleur en jy aan jou Kersboom kan hang as julle een in julle huis opsit. Julle kan ook ‘n ‘garland’ daarvan maak en êrens teen ‘n muur ophang.

Name van Jesus teksverse

Name 1-5

Name 6-10

Name 11-15

Name 16-20

Name 21-24

Hierdie dokumente is vanaf die volgende skakel aangepas en in Afrikaans vertaal:

http://www.biblestoryprintables.com/BibleCraftsChristmasNamesJesus.html#.WgqapGiCzIU

Name van Jesus 2

Die volgende hulpmiddel is simbole wat Jesus se name verteenwoordig. Dis in kleur of  in swart en wit beskikbaar om self in te kleur. Jy print dit en plak dit of op die ‘template’ voorsien, of op ‘n hout blokkie. Jy hang dit weereens aan jou Kersboom of maak ‘n ‘garland’ daarvan en hang dit teen jou muur.

Volg gerus die skakels hieronder na die webtuiste waar jy dit sal vind.

NamesofJesuseBook-238x300

Names of Jesus Advent

Click to access NamesJesusAdventPack.pdf

Ekstra inligting:

Hierdie 24 name is maar ‘n paar van die baie name van Jesus in die Bybel en ons hoop dit het jou nuuskierigheid geprikkel. Hier is so bietjie ekstra inligting van die van julle wat verder wil lees rondom die name van Jesus.

Jesus-Names-Alpha-List

Volg die skakel hieronder na ons ander Kersfees hulpbronne:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/kersfees/

 

 

 

 

One comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s