Sondagkool Les: Paasfees 1

sondagskool les - groot 1

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

Paasfees 1

Hierdie Paasfees Les is die Paasfeesherdenking wat ons hierdie jaar met ons Seniors tydens EPIC Jeug doen.

Die kinders begin met ‘n skattejag, waar hulle teksdele oor Paasfees oplees en dan die vermiste woord uit die versie moet invul. Hulle moet dan die artikels (vermiste woord) gaan soek en terugbring.

Daarna voer ‘n groep van die volwassenes uit die gemeente die Paasverhaal vir die kinders op ‘n baie eenvoudige manier op. Die kinders gebruik nagmaal saam met die groep op die verhoog wanneer hulle dit doen tydens die instelling van die nagmaal.

Wanneer dit by die kruisiging kom, kry elke groep planke en spykers waarmee hulle self die kruis aanmekaar moet slaan. Daarna skryf hulle hulle sondes se name op die kruis. Hierdie deel word nie opgevoer nie, net gelees met die kinders wat op hierdie manier daaraan deel het. Die laaste toneel van die opstanding word dan weer opgevoer.

Laai die dokumente hieronder in PDF formaat af:

Die verhaal van Paasfees

JEUG – Paasfeesherdenking 2018

PAASFEES SKATTEJAG

PAASFEES SKATTEJAG – antwoorde

Volg gerus die skakel hieronder vir ons ander Paasfees hulpbronne:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/paasfees/

2 comments

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s