Sondagskool Lesreeks: Gawes van die Heilige Gees Snr.

lesreeks

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

Lesreeks: Gawes van die Heilige Gees – Senior

Hierdie is ‘n inleidende mini-reeks oor die Gawes van die Heilige Gees. Ons is partykeer bang om met ons kinders oor die Gawes van die Gees te praat omdat onsself so min daarvan weet, maar dis tyd dat ons ons eie kennis daaroor opknap en ons kinders daarvan leer. Ons en ons kinders se kennis oor die Heilige Gees sal onvolledig wees sonder die Gawes van die Gees. Hierdie lesreeks is egter slegs ‘n inleiding tot die Gawes van die Heilige Gees.

Ons het hierdie reeks by die Sondagskool asook by EPIC Jeug gedoen, jy sal dus twee lesse by elke tema sien. Sondagskool is die kort les en die EPIC Jeugles die langer les.

1.Inleiding: Gawes van die Heilige Gees:

Hierdie is die eerste les in die mini-reeks en stel die kinders voor aan die verskillende Gawes soos in 1 Kor 12:4-11. Dit verduidelik aan die kinders dat die Gawes van die Heilige Gees God se geskenk aan Sy kinders is om te gebruik in diens van Sy Koninkryk. Die kinders kry ook ‘n geleentheid om te kyk hoeveel hulle van die Gawes weet. Hierdie les kan hieronder in pdf formaat afgelaai word:

SONDAGSKOOL LES – Inleiding – Gawes van die Gees

EPIC Jeugles:

JEUGLES – Inleiding – Gawes vd Gees

Gawes vd Gees – Matching game – prentjies

Gawes vd Gees – Matching game – woorde

Gawes vd Gees – Matching game – definisies

Gawes vd Gees – Matching game – antwoorde

LEIDRADE – Gawes vd Gees

2. Doen Gawes

Hierdie is die tweede les in die mini-reeks en hier kyk ons na die kategorie Doen-Gawes. Dit sluit Gawe van Genesing, Gawe van Wonderwerke en Gawe van Geloof in. Die hoofgedagtes rondom die Doen-Gawes is dat God die menslik onmoontlike deur ONS wil doen. Hierdie les kan hieronder in pdf formaat afgelaai word:

SONDAGSKOOL LES – Gawes van die Heilige Gees – Doen Gawes

EPIC Jeugles:

JEUGLES – Doen Gawes

Hier is die videoclips wat ons tydens hierdie les gebruik het. Die storie van die Dokter is bietjie lank, so ons het dit net vertel.

3. Weet Gawes

Hierdie is die derde les in die mini-reeks en hier kyk ons na die kategorie Weet-Gawes. Dit sluit Woord van Kennis, Woord van Wysheid en Onderskeiding van geeste in. Die Weet-Gawes werk nie met kop kennis oor die Bybel nie, maak nie saak hoeveel jy leer nie, dis heeltemal iets anders. Slegs God kan die Weet-Gawes bonatuurlik aan jou openbaar.

SONDAGSKOOL LES – Gawes van die Heilige Gees – Weet Gawes

Afrikaanse Bybel Brainteasers – Almal

Afrikaanse Bybel Brainteasers – Almal – Antwoorde

EPIC Jeugles:

JEUGLES – Weet Gawes

PPT – Weet Gawes – Onderskeiding

4. Spreek Gawes

Hierdie is die laaste les in die mini-reeks en hier kyk ons na die kategorie Spreek-Gawes. Dit sluit Profesie, Spreek in tale en uitleg van tale in. Hierdie kategorie kyk na die Gawes wat God vir Sy kinders gee om op ‘n bo-natuurlike manier te spreek. Hierdie les kan hieronder in pdf formaat afgelaai word:

SONDAGSKOOL LES – Gawes van die Heilige Gees – Spreek Gawes

ysbreker-geheime-kode

EPIC Jeugles:

JEUGLES – Spreek Gawes

Spreek Gawes – Ysbreker-geheime-kode

Ysbrekers – Gawe van Spreek in tale en uitlê van tale

Volg die skakel hieronder na ons Kinderkerk Lesse oor die Gawes van die Gees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/gawes-van-die-gees-kinderkerk/

 

 

7 comments

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s