Internet Hulpbronne: Victor Kids

victor_kids_logo 3

Onder die afdeling Internet Hulpbronne sal julle ‘n hele klomp ander webtuistes met gratis lesse vind. Onthou egter dat AL die lesse en materiaal op HIEDIE Blog ook GRATIS is.

Ons Blog is nog baie jonk en ons het nog nie lesse oor al die belangrike temas wat julle dalk wil gebruik nie. Ons probeer ook in ‘n groot behoefte aan gratis Afrikaanse lesse en jeugmateriaal voorsien. As julle van enige gratis Afrikaanse of ander oulike materiaal weet wat ons nog nie op hierdie Blog het nie, laat weet ons asseblief by “Kontak ons” sodat ons dit kan byvoeg.

Victor Kids:

Victor Kids is ‘n interdenominale, Christelike sondagskoolprogram wat fokus op:

  • Bybelse waarhede
  • Christelike waardes
  • Ontwikkelings gepaste leeraktiwiteite en -inhoud
  • Suid-Afrikaanse konteks

Victor Kids plaas in die hande van elke sondagskoolonderwyser ‘n professioneel uitgewerkte reeks lesse, met toepaslike ysbreker en kreatiewe aktiwiteite, aktiwiteitsblaaie asook alle grafiese materiaal wat nodig is om die les aan te bied. Kantaantekeninge by elke les verskaf inligting aan die aanbieder wat die rede vir die insluiting van sekere aktiwiteite verduidelik.

Victor Kids is opgedeel in 4 lewensfases:

  • Lewensfase 1: Graad 0 – 1
  • Lewensfase 2: Graad 2 – 3
  • Lewensfase 3: Graad 4 – 5
  • Lewensfase 4: Graad 6 – 7

Module 1: 

In die module word gekyk na die skeppingsverhaal, die mens se verantwoordelikheid teenoor die skepping en God se betrokkenheid by die mens. Die waarheid van God as Skepper van die heelal word vandag geweldig aangeval. Die program poog om op ’n verantwoordelike wyse ons kinders paraat te maak vir hierdie aanslag.

Module 1 is die kurrikulum vir die eerste helfte van die skooljaar. Die eerste 16 lesse van elke lewensfase kan nou afgelaai word. Victor Kids beplan om DV die addisionele lesse so vry te stel sodat u genoeg lesse vir ‘n opkomende maande het.

Gebruik die skakel hieronder na hulle webtuiste om module 1 se eerste 16 lesse in elke lewensfase af te laai:

http://www.ats.ac.za/victor_kids?utm_medium=email&utm_campaign=Ons%20stel%20bekend%20Victor%20Kids%20Module%201&utm_content=Ons%20stel%20bekend%20Victor%20Kids%20Module

Module 2: 

Die volledige module 2 vir al vier die lewensfases is alreeds beskikbaar. Dit kan ook by die skakel hierbo afgelaai word.

Die dokumente het ongelukkig nie inhoudsopgawes nie, dus het ons dit vir julle uitgetik om dit makliker te maak om dit te gebruik en te besluit of jy sou belangstel om dit af te laai.

Die inhoudsopgawes van module 2 vir die verskillende lewensfases kan hieronder in pdf formaat afgelaai word:

Inhoudsopgawe – Victor Kids Graad 0-1pdf

Inhoudsopgawe – Victor Kids Graad 2-3pdf

Inhoudsopgawe – Victor Kids Graad 4-5pdf

Inhoudsopgawe – Victor Kids Graad 6-7pdf

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s