Sondagskool idees 4: Woordelose Boekie

woordlose boekie - groot

Vandag wil ons ook die “onthou jy nog” speletjie speel. Wie van julle onthou nog die woordlose boekie?

Wat is die woordlose boekie?

Die woordlose boekie, is ‘n boekie sonder woorde van Child Evangelism Fellowship en dis ‘n baie goeie metode om kinders na die Here te lei en te help groei.

Die tradisionele woordlose boekie is sonder woorde (soos die naam aandui), met die volgende gekleurde blaaie in: (1) goud / geel;  (2) swart  (3) rooi  (4) wit  (5) groen en party sit (6) blou by.

Ons spandeer so baie tyd by Kinderkerk en Sondagskool om seker te maak dat ons kinders al die Bybelverhale ken en ‘n goeie Bybelkennis het, dat ons baie keer nalaat om die groter prentjie van die Bybel vir die kinders in perspektief te stel. Dis waar die woordlose boekie in watter vorm jy dit ookal gebruik ‘n WONDERLIKE hulpbron is vir klein en groot kinders.

Die kleure van die woordlose boekie leer van ‘n Wonderlike God wat alles goed en mooi gemaak het, maar dat sonde alles lelik en vuil kom maak het. Dat sonder Jesus ek NOOIT by God kan uitkom nie, omdat ek vuil is . Dit leer dat NIEMAND ‘goed genoeg’ vir God is soos ons is nie, maar dat Jesus klaar die prys vir ons betaal het. Al wat ek moet doen is om te erken dat ek ‘n sondaar is en dinge doen wat ek weet verkeerd is en om vergifnis vra. As ek Jesus nie KIES as my persoonlike Verlosser en Saligmaker nie ek HEL toe gaan!

Hoe gebruik ek die woordlose boekie?

Die woordlose boekie word soos ons reeds genoem het, hoofsaaklik gebruik om iemand (gewoonlik ‘n kind) na die Here toe te lei. Dit kan egter ook gebruik word met ‘n kind wat reeds tot bekering gekom het, om te vertel van die nuwe lewe in Jesus Christus en hoe Hy wil hê dat ons moet lewe.

Hier is ‘n goeie uiteensetting van albei in die dokument hieronder in Afrikaans. Dit is beskikbaar by die skakel hieronder:

Woordlose boekie

http://reachthechildrenbyhookandbycrook.blogspot.co.za/2013/05/reik-uit-na-kinders-met-die-woordlose.html

Woordlose boekie op verskillende manier gebruik:

Ons leef in ‘n tyd waarin kinders anders dink en gestimuleer word as 10 jaar terug – kom ONS begin ook nuut dink. Die boodskap bly ALTYD dieselfde, maar die MANIER waarop ons dit oordra moet begin aanpas by die kinders waarmee ons werk, en ons wil hulle BEREIK met die wonderlike Evangelie van Verlossing!

Kom ons gebruik die boodskap van die woordlose boekie, maar bied dit aan op ‘n nuwe, vars manier. Hier is ‘n paar idees om jou aan die dink te sit. Dit kan vir klein en groot kinders gebruik word – pas dit aan sodat dit by die kinders waarmee jy werk se ‘kultuur’ pas, want DAN bereik jy hulle!!

Woordlose boekie deur LEGO:

wordless-book-legos

In plaas van die boekie, gebruik LEGO blokkies om die verhaal van die woordlose boekie mee te vertel. Volg die skakel hieronder vir die instruksies:

Wordless Book Variation – Lego Bricks

Woordlose boekie deur simbole:

The-Wordless-Book_thumb

Hierdie is ‘n pragtige manier om die kleure van die woordlose boekie bietjie verder te vat en simbole daaraan te koppel sodat die kinders dit beter kan onthou. Die kinders kan ook elkeen hulle eie boekie maak en huistoe vat. Besoek gerus die webtuiste hieronder vir ‘n baie oulike verduideliking oor hoe hulle dit gedoen het.

http://www.ourfamilyforhisglory.com/2013/06/how-to-share-the-gospel-with-our-kids/

Laai die templates by die volgende skakel in pdf formaat af:

Click to access wordless-book.pdf

Woordlose boekie deur cutex:

wordless-book-nail-polish

Jip, jy het reg gelees – CUTEX – naelpolitoer!! Hierdie is regtig ‘n kreatiewe, uit die boks manier om die boodskap van die woordlose boekie te vertel. Volg gerus die skakel hieronder om meer daaroor te lees.

Wordless Book Variation – Nail Polish

Woorlose boekie deur hartjies:

000_0438

Kinders is mal oor hartjies, en jy kry dadelik hulle aandag wanneer jy een uithaal of gebruik. Kom ons gebruik dit tot ons voordeel en gebruik dit as die konsep vir ons woordlose boekie les. Volg die skakel hieronder om meer daaroor te lees:

http://almostunschoolers.blogspot.co.za/2010/02/worldess-book-valentine-sunday-school.html

Woordlose boekie Kersboom:

boom

Kersfees is sopas verby, maar hierdie is ook ‘n oulike idee om vir Kersfees te gebruik of tydens die Advent tyd. Maak van jou Kersboom ‘n ‘woordlose boekie”. Volg die skakel hieronder vir die pdf dokument met al die templates:

Click to access Wordless-Book-Christmas-Tree.pdf

Woordlose boekie deur gesigverf:

4772a94fe376a3a0653c24991f8f6005

Watter jong kind hou nie daarvan om “Spur” toe te gaan en hulle gesigte te laat verf nie? Hierdie idee is regtig oulik, want jy kan dit op jong kinders se gesigte doen en op ouer kinders se hande (hulle teken mos gedurig prentjies op hulle hande en arms).

8613772983_5e898cd5f7_z

So, hierdie idee is oop vir jou eie kreatiwiteit – volg die skakel hieronder om meer daaroor te lees.

http://passporttothenations.com/gospel-threads-face-painting/

Woorlose boekie armband:

017

Meeste kinders is mal oor ‘arts and crafts’, daarom bly die armband metode met die woordlose boekie altyd ‘n treffer. Volg die skakel hieronder vir meer inligting:

http://blessedbe13helives.blogspot.co.za/2009/09/salvation-bracelet-tutorial.html

Woordlose boekie “Jet”

wordless-book-gospel-plane-a

Wys ons ‘n seuntjie wie se ogies nie blink as hulle ‘n ‘jet’ kan vou en gooi nie. Volg die skakel hieronder om meer te lees oor hoe om ‘n ‘jet’ te gebruik om die boodskap van die woorlose boekie te vertel.

Wordless Book Variation – Gospel Plane

Woordlose boekie opleiding:

As jy geïspireer is, maar meer inligting soek, besoek gerus CEF se webtuiste vir gratis aanlyn opleiding asook gratis materiaal oor die woordlose boekie. Besoek gerus die skakel hieronder vir meer inligting:

https://online.cefcmi.com/course/view.php?id=162

Volg die skakel hieronder na ons ander Sondagskool Idees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/sondagskool/

 

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s