Sondagskool idees 4

Sondagskool idees 4

Ons hoop so julle lees hierdie Blogpost voordat julle julle eerste lesse vir die nuwe jaar uitwerk, en dat ons julle kan inspireer met vars nuwe idees en maniere van lesse aanbied.

Object lessons:

Object lessons (daar is NIE ‘n mooi Afrikaanse woord daarvoor nie), is een van die wonderlikste hulpbronne en maniere om ‘n les aan te bied. Ons sal beslis nie aanbeveel dat jy van elke les ‘n object lesson maak nie, want soos ons reeds genoem het hou kinders van verskeidenheid en kan dit ook vervelig raak.

Object lessons is egter ‘n wonderlike manier om moeilike begrippe te verduidelik aan die hand van alledaagse voorwerpe of illustrasies. Dat dit egter ‘n groot en belangrike plek binne jeugbediening het is beslis ons baie beskeie mening. JY moet egter gaan bid en by die Heilige Gees hoor waar, wanneer en hoe jy dit moet gebruik.

Dis ‘n goeie idee om die eerste les van die nuwe jaar of kwartaal met ‘n object lesson af te skop. Dis interessant en maak jou kinders nuuskierig vir dit wat oppad is.

Soos jy deur die webtuistes gaan sal jy sien dat object lessons op verskillende maniere aangebied word.

Party gebruik ‘n voorwerp soos byvoorbeeld ‘n strooitjie, rekkie of wasgoedpennetjies en speel ‘n klompie speletjies waarvoor  jy die voorwerpe gebruik, daarna word dit geestelik deurgetrek. Ander gebruik ‘n voorwerp as illustrasie en die les vloei dan daaruit. Party fokus meer op die speel en minder op die deurtrek geestelik, en dis wat object lessons so wonderlike hulpmiddel maak, want JY bepaal hoe en wat jy doen.

Object lesson webtuistes:

Creativeyouthideas:

Soos altyd het ons ‘n besliste gunsteling, en in hierdie geval is dit creativeyouthideas se object lessons. Hulle het ‘n lys van 161 object lessons met verskillende temas en voorwerpe waaruit jy kan kies, Die lesse begin altyd met ‘n lang lys van speletjies wat jy met die voorwerp kan speel. Daarna word dit persoonlik en geestelik deurgetrek. Wat hierdie lesse wonderlik maak is dat jy kan kies in hoeveel diepte jy die les wil aanbied. Volg die skakel hieronder na hulle object lessons:

http://www.creativeyouthideas.com/resources/object-lessons/

Preteen ministry

Preteen ministry het ook ‘n paar oulike idees, hulle noem dit speletjies, maar wanneer jy daarna kyk is dit eintlik object lessons. Volg die volgende twee skakels na hulle object lessons:

http://preteenministry.net/epic-games

http://preteenministry.net/30-preteen-games-for-thanksgiving-christmas/

Ander webtuistes:

Hier is nog ‘n paar webtuistes met oulike object lessons wat jy gerus kan besoek:

http://www.creativebiblestudy.com/object-lessons.html

http://www.sharonministries.org.za/KidsObjects.htm

Object lessons:

Die volgende skakel is na ons Pinterest bord met object lessons, meeste van hierdie is individuele lesse rondom verskillende temas.

 

 

 

 

 

 

 

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s