Bybel Aktiwiteite: Versteekte prente 2

versteekte prente 2 - groot

Bybel aktiwiteite is rustig van aard, het ‘n Bybelse basis en benodig pen en papier. Dit sluit die volgende aktiwiteite in: Brain Teasers; Versteekte prente; Woordsoek; Blokraaisels; Geheime Kodes; Kopkrappers; Dot to Dot ens.

Versteekte prente 2

Soos julle al op die Blog gesien het, is ons MAL oor versteekte prente of ‘hidden pictures’ soos dit beter bekend staan. Dis een van die aktiwiteite wat nog nie regtig ‘ondek’ is nie, en waarmee die kinders nie wil ophou as hulle eers begin nie!

Ons het alreeds twee Blog posts aan versteekte prente afgestaan. Die eerste skakel is Bybelse sovel as ander versteekte prente vir verskeie ouderdoms-groepe. Die tweede skakel is baie eenvoudige versteekte prente vir kleiner kinders by die kinderkerk.

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/05/17/hulpbronne-versteekte-prente/

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/08/30/kinderkerk-versteekte-prente/

Warner Press versteekte prente:

In hierdie post kan ons ongelukkig nie die versteekte prente vir julle beskikbaar stel nie, want dit moet gekoop word, maar ons wil julle graag meer daarvan vertel.

Ons het drie digitale boeke met Bybelse versteekte prente vir ongeveer R120 gekoop. Ja, jy het reg gehoor – drie boeke!! Die boeke is vir die ouderdom 6-10 jaar, maar die ouer kinders geniet dit net soveel.

Hier by Algoa Gemeenskapskerk het ons ‘n baie ‘tight budget’, maar ek WAARBORG  jou- hierdie is BESLIS die moeite werd!

Julle kan die gedrukte boeke direk van hulle webtuiste af bestel en dan word dit per skip aangestuur. Jy kan ook direk met die dame in Amerika kontak maak, dit bestel (sonder al die beslommernis van wag daarvoor en wegraak oppad hiernatoe) en dit digitaal aflaai.

Dis ABSOLUUT die moeite werd!! Hier is twee voorbeelde wat gratis op die internet beskikbaar is van hoe dit lyk:

1d1b5c47f3f4d69dc56f66793b1f8130

5f92c8e7ac2c298fc64eee2021b45679

Webtuiste roete:

Die boeke wat ons bestel het (hieronder) het elkeen 14 hidden picture in. Die ‘Bible story hidden pictures’  is BAIE eenvoudig – vir jou heelwat jonger kinders – en dien ook as inkleurprente met die mooiste prente. Volg die skakels hieronder na die boeke en hulle webtuiste.

e4664

https://www.warnerpress.org/e4664coloring-activity-book-6-10-hidden-pictures-old-testament.html

e4665

https://www.warnerpress.org/e4665coloring-activity-book-6-10-hidden-pictures-new-testament.html

e4634

https://www.warnerpress.org/e4634coloring-activity-book-6-10-bible-story-hidden-pictures.html

Daar is nog heelwat meer op hulle webtuiste by die volgende skakel beskikbaar:

https://www.warnerpress.org/catalogsearch/result/?q=hidden+picture+puzzles

Digitale roete:

  1. Maak kontak met Dawn by: DAnderson@warnerpress.org
  2. Verduidelik vir haar dat jy belangstel in die digital kopieë
  3. Gee die boeke se nommers soos op hulle webtuiste hierbo gevind.
  4. Ons het haar vir sekuriteits redes direk gekontak met ons Visa kredietkaart nommer by: 00 – 1 – 765 – 644 – 7721 uitbreiding 4350
  5. Ons het per e-pos die tyd met haar gereël wat ons haar sou skakel omdat hulle tyd ongeveer 6 ure agter ons is, en omdat oproepe Ameria toe redelik duur is. Dit was 16:00 by ons gewees.

Volg die skakel hieronder na ons ander Bybel Aktiwiteite:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-aktiwiteite/

Volg die skakel hieronder na ons Bybel Speletjies:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-speletjies/

Volg die skakel hieronder na ons Speletjies:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/speletjies/

 

 

2 comments

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s