Sondagskool idees 2

Sondagskool idees 2

In hierdie post sal jy die skakels na al ons Sondagskool idees kry. Kom kyk gerus wat ons beskikbaar het. AL ons materiaal is gratis in Afrikaanse op die Blog beskikbaar – volg net die skakels hieronder na die lesse.

Ons het ‘n KLOMP materiaal beskikbaar wat jy in die kategorie-afdeling sal vind. Ons gaan so paar Blog post daaroor doen so hou jou “inbox” dop as jy ons e-mails kry, en as jy bang is jy mis dit, volg die Blog saam met ons ander lesers wat al ons nuwe ‘posts’ per e-mail kry

Ons het ook die skakels na ons Junior en Senior Sondagskool lesse asook die Kinderkerk lesse bygevoeg.

SONDAGSKOOL IDEES 2:

Bybel Aktiwiteite:

Ons Bybel aktiwiteite is almal rustig waar kinders iets moet neerskryf of iets moet opsoek, dit bestaan uit: Bybelboeke van die Ou en Nuwe Testament; Versteekte prente; Dot-to-Dot; Blokraaisels; Woordsoek; Bybel Kopkrappers; Versteekte boeke van die Bybel en Bybel Brain teasers.

https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-aktiwiteite/

Bybel Speletjies:

Bybel Speletjies kan aktief of rustig van aard wees. Dit het ‘n Bybelse basis en sluit in PowerPoint Speletjies; Speed Dating; Wie’s wie in die Bybel; Would You Rather; Emoji’s; Charades; Minute-to-Win-it; Matching Games; Tic-Tac-Toe ens.

https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-speletjies/

Gebed:

Gebed is een van die hoekstene waarop Algoa Gemeenskapskerk gebou word, en daarom het ons gereeld gebedsgeleenthede vir ons kinders. Ons glo daaraan dat ons kinders van ‘n jong ouderdom af aan gebed blootgestel moet word en moet leer om te bid, want dis deel van ons geestelike groei.

https://algoagemeenskapskerk.com/category/gebedsaande/

Internet Hulpbronne:

Onder hierdie kategorie is ‘n verskeidenheid van ander gratis lesse wat ons op die internet opgespoor het, asook ‘n verskeidenheid van internet hulpbronne wat baie nuttig vir jeugbediening is.

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/internet-hulpbronne/

Jeug Funaande en Familie Funaande:

Ons is regdeur ‘n kwartaal baie ernstig met ons jongmense rondom die Woord besig. Ons gebruik gereeld die eerste of die laaste aand van die kwartaal vir ‘n Jeug Funaand of ‘n Familie Funaand. Party van dit is rondom ‘n Bybel-tema, en party sommer net vir lekker laf wees en ontspan.

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/funaande/

Kersfees:

Ons het heelwat Kersfees-hulpbronne op die Blog beskikbaar. Die doel met al ons hulpbronne is om jou te help om jou kinders die regte waardes rondom Kersfees te leer. Ons het ‘n Junior en Senior Sondagskool les, advent kalenders vir klein en groot, die verhaal van Jesus se geboorte en nog so paar ekstras. Kom loer gerus daarna.

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/kersfees/

Praise and Worship:

Die kinders by Algoa Gemeenskapskerk is MAL oor Praise en Worship. Ons het ‘n lys van 32 liedjies – met danse – wat ons tydens Praise and Worship gebruik wat jy op ons Blog kan kry. Ons het ook Praise and Worship aande, en ‘n Praise and Worship les vir Senior Sondagskool beskikbaar.

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/praise-and-worship/

Paasfees:

Soos ons ons kinders die ware betekenis van Kersfees moet leer, geld dieselfde ook vir Paasfees. Die wêreld het dit so kom ‘kaap’ dat baie van ons kinders nie meer weet wat ons eintlik herdenk nie. Ons hou elke jaar met ons kinders ‘n Paasfeesherdenking sodat hulle van kleins af sal weet en verstaan van die wonderlike offer wat Jesus vir ons gebring het. Onder hierdie afdeling sal jy ‘n hele paar voorbeelde kry wat jy net so kan gebruik of kan aanpas volgens julle spesifieke behoeftes.

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/paasfees/

Speletjies:

Die Speletjie afdeling sluit ‘n groot verskeidenheid speletjies in, van rustige speletjies, PowerPoint Speletjies en meer aktiewe speletjies. Jy sal die volgende onder hierdie afdeling vind:

Jeug Funaand – Speletjies; PowerPoint speletjies; Bybel matching games; Left-Right-Speletjies; Bybelse Minute-to-win-it speletjies; Skattejag; Bybel charades; Bybel Emoji’s; Bybel Would You Rather; I Spy; Vind en kleur in; Voltooi die prentjie; Vind die…; Wie’s wie in die Bybel; Emoji Speletjie; Wacky woorde; Aktiewe speletjies; Company Slogan PPT speletjie; Verwarring speletjie.

https://algoagemeenskapskerk.com/category/ysbrekers-en-speletjies/

Stories:

Stories is ‘n wonderlike hulpbronne om as deel van ‘n les te gebruik, kom kyk gerus watter oulike stories ons beskikbaar het:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/stories/

Sondagskool:

Hierdie kategorie help om alles op een plek te sit, maar ook sodat die soekengines dit makliker sal optel as julle na idees soek:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/sondagskool/

In hierdie afdeling sal jy die volgende vind:

  1. Sondagskool Idees 1: Bybel wetenskap eksperimente
  2. Sondagskool Aktiwiteite
  3. Sondagskool Materiaal
  4. Sondagskool Lesse
  5. Sondagskool Idees 2
  6. Sondagskool Idees 3: Object Lessons
  7. Sondagskool Idees 4: Woordlose boekie

#Sleutelgedagtes:

Die kategorie #Sleutelgedagtes is gedagtes rondom belangrike onderwerpe wat ons na aan die hart lê, onder ander “hoe om iemand na Jesus te lei”.

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/sleutelgedagtes/

Junior Sondagskool lesse:

Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe.  Junior lesse is kort en interaktief met baie praktiese aktiwiteite soos speletjies en illustrasies. Junior Sondagskool lesse bestaan uit G1-lesse asook Skolebediening lesse.

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/sondagskool-lesse-jnr/

Senior Sondagskool lesse:

Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

Kinderkerk lesse:

Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/kinderkerk/

As julle bietjie meer oor ons gemeente wil weet, volg gerus die volgende skakel:

http://kerkbode.christians.co.za/2017/10/27/nuwe-verbeelding-bring-lewe-vir-gemeentes/

Volg die skakel hieronder na ons ander Sondagskool Idees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/sondagskool/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s