Kinderkerk Lesreeks: Gawes van die Heilige Gees

lesreeks 1

AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.

Ons het so tydjie gelede ‘n inleidende minireeks oor die Gawes van die Heilige Gees met ons senior kinders gedoen en het beleef dat ons dit ook met ons kleintjies moes doen. Dis regtig baie basies, maar help om die kleintjies op ‘n eenvoudige manier daaraan bekend te stel.

1. Inleiding – Gawes van die Heilige Gees

Hierdie is die eerste les in die mini-reeks en stel die kinders voor aan die verskillende Gawes soos in 1 Kor 12:4-11.

Dit verduidelik aan die kinders dat die Gawes van die Heilige Gees God se geskenk aan Sy kinders is om te gebruik in diens van Sy Koninkryk. Die kinders kry ook ‘n geleentheid om te kyk hoeveel hulle van die Gawes weet.

Hierdie les kan hieronder in pdf formaat afgelaai word:

KINDERKERK LES – Inleiding – Gawes van die Gees

2. Spreek Gawes

Hierdie is die tweede les in die mini-reeks oor die Gawes van die Heilige Gees, die Spreek Gawes. Dit sluit Profesie, Spreek in tale en uitleg van tale in. Hierdie kategorie kyk na die Gawes wat God vir Sy kinders gee om op ‘n bo-natuurlike manier te spreek.

Elke Gawe word deur middel van ‘n speletjie aan die kleintjies verduidelik.

Hierdie les kan hieronder in pdf formaat afgelaai word:

KINDERKERK LES – Gawes vd Gees – Spreek Gawes

3. Weet Gawes

Hierdie is die derde les in die mini-reeks oor die Gawes van die Heilige Gees, die Weet Gawes. Dit sluit Woord van Kennis, Woord van Wysheid en Onderskeiding van geeste in.

Die Weet-Gawes werk nie met kop kennis oor die Bybel nie, maak nie saak hoeveel jy leer nie, dis heeltemal iets anders. Slegs God kan die Weet-Gawes bonatuurlik aan jou openbaar.

Elke Gawe word deur middel van ‘n speletjie aan die kleintjies verduidelik.

Hierdie les kan hieronder in pdf formaat afgelaai word:

KINDERKERK LES – Gawes vd Gees – Weet Gawes

4. Doen Gawes

Hierdie is die vierde les in die mini-reeks en hier kyk ons na die kategorie Doen Gawes. Dit sluit Gawe van Genesing, Gawe van Wonderwerke en Gawe van Geloof in.

Die hoofgedagtes rondom die Doen-Gawes is dat God die menslik onmoontlike deur ONS wil doen.

Elke Gawe word deur middel van ‘n speletjie aan die kleintjies verduidelik.

Hierdie les kan hieronder in pdf formaat afgelaai word:

KINDERKERK LES – Gawes vd Gees – Doen Gawes

Volg die skakel hieronder na ons Sondagskool Lesse oor die Gawes van die Gees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/gawes-van-die-gees-sondagskool/

2 comments

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s