Stories: Fietsry saam met Jesus

fietsry saam met jesus

Hierdie storie is so mooi ons MOET dit net deel! As jy deur ‘n moeilike tyd gaan sal hierdie jou bemoedig en versterk om weer aan te gaan.

Tema van die Storie: Fietsry saam met Jesus

Hierdie verhaal vergelyk ons geloofsreis saam met Jesus met ‘n tandem-fiets. Aan die begin van ons reis saam met Hom, laat ons Jesus eers op die agterste sitplek sit, met verloop van tyd laat ons Hom die leiding op die voorste sitplek neem. Hierdie is ‘n reis vol avonture, maar ook moeilike paaie.

Fietsry saam met Jesus

Nadat ek die eerste keer vir Jesus Christus ontmoet het, het die lewe vir my gevoel soos ‘n fietsrit op ‘n tandem-fiets, en Jesus het op die agter-sitplek gesit en Hy het my gehelp trap.

Ek weet nie mooi wanneer dit was dat ons plekke omgeruil het, maar sedert Hy die voor-sitplek ingeneem het was die lewe nooit weer
dieselfde nie.

Toe ek in beheer was, het ek die pad geken; dit was redelik voorspelbaar – altyd die kortste pad op my manier tussen twee punte. Maar vandat Jesus Christus die stuurstokke oorgeneem het, is die hele pad sommer interessant en opwindend, al hou ek soms asem in.

Hy neem ons oor asemrowende bergpaaie, deur rotsagtige plekke,afdraendes teen nekbreek snelhede en al wat ek kon doen was om vas te hou.

Selfs wanneer dit gelyk het na skone malligheid, het Hy aangemoedig met ‘n
“hou aan met trap!”.

Ek het bang en paniekerig geraak en uitgeroep. “Waarheen neem U my?”

Hy het net geglimlag en nie geantwoord nie, en ek het geleer om Hom te vertrou. Ek het my voorspelbare leefstyl vergeet en het gewoond begin raak aan die avontuur van op die agterste sitplek ry en saamtrap maar geen stuurstok in my eie hande.

Wanneer ek soms begin bang raak, dan het Hy terug geleun en my hand aangeraak. Hy het my geneem na mense met gawes wat ek nodig gehad het.. gawes van genesing, aanvaarding, vriendelikheid.

Hy het my beveel: Gee jou gawes weg, dis te veel bagasie, te veel gewig.”

So het ek weggegee aan mense wat ons ontmoet het op die pad, en ek het ontdek dat deur weg te gee, ek al hoe meer ontvang het, maar my vrag het nie swaarder geraak nie, die las is lig.

Aanvanklik het ek Hom nie vertrou nie, en ek was self in beheer van my lewe.

Toe ek begin agter ry het, het ek gedink, Hy gaan ons verongeluk! Stelselmatig het ek egter agtergekom dat Hy fietsry-geheime ken….

Hy het geweet hoe om deur ‘n skerp draai te beweeg, hoe om te klim oor rotse wat heeltemal te hoog gelyk het vir my, en ook waar om te jaag sodat ons vinniger deur die gevaarlike plekke kon gaan.

Ek het geleer om my mond te hou en net saam te trap, dikwels op die mees ongewone plekke; ek het begin ontspan en selfs geleer om die natuurskoon rondom my te geniet… en ook die koel wind in my gesig in die permanente kameraadskap van Iemand wat my nooit begewe en verlaat nie, die Heilige Gees.

En elke keer wanneer ek seker was dat ek aan die einde was van my eie kragte, glad nie instaat om verder te gaan nie, dan het Hy geglimlag en aangemoedig…

“Trap My Kind, Trap!”

Laai die storie hieronder in PDF formaat af:

Fietsry saam met Jesus

Hierdie storie laat ons baie dink aan die “Death crawl” gedeelte in die Facing the Giants fliek. Dis nie ‘n maklike pad nie, en baie keer wil ons ophou en sê ons kan nie meer nie, maar dan kom Jesus soos die afrigter langs die veld en sê: “Moenie ophou nie, trap my kind, trap!!”

 

Volg die skakel hieronder na ons ander Stories:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/stories/

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s