Sondagskool Lesreeks: God Drie-Enig Snr.

Lesreeks - Senior Sondagskool - God - Drie-Enig

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

Lesreeks: God Drie-Enig – Senior

Hoe kan ons opgewonde en ‘ani-brand’ oor ‘n God wees wat ons nie ken en verstaan nie. Die ‘slegte’ nuus is dat ons God nooit sal verstaan nie, want dan sal Hy nie meer God wees nie! Die ‘goeie’ nuus is dat ons God deur ons Bybel beter kan leer ken, en DIS wat ons met hierdie mini-reeks probeer doen.

Die doel van hierdie lesse is om die kinders weer onder die indruk te bring van hoe groot en hoe amazing die God is wat ons aanbid.

1. Drie-Eenheid:

Die Drie-Eenheid is ‘n baie moeilike begrip om te verduidelik – en te verstaan, des te meer vir kinders. Ons kinders het hierdie les baie geniet, en al verstaan hulle nie regtig nie (wie doen werklik), het hulle die konsep gesnap en dit was vir ons baie belangrik gewees.

Tydens hierdie les het ons een van die vele illustrasies oor die Drie-Eenheid gebruik, een wat nie so bekend is nie, maar eintlik baie meer effektief en akkuraat as al die ander. Ons het vir die kinders ‘n klomp skrifdele gegee om te ondersoek, en daarna was dit hulle beurt om die verskillende illustrasies aan die groep te verduidelik, en DIT het hulle aan die dink gesit, baie meer as wat sou gebeur het as ons alles self gedoen het.

Hulp vir Leiers: Wanneer ons moeilik onderwerpe met die kinders behandel, dan probeer ons so bietjie ekstra hulp vir die leiers gee om te verseker dat hulle toegerus is vir hulle taak.

JEUGLES – Drie-Eenheid

Hulp vir Leiers – Drie Eenheid

DRIE- EENHEID – Ysbreker 2

DRIE-EENHEID – Vrae in die Groepe

2. God die Vader

In hierdie les kyk ons na wie God die VADER is, soos ons Hom in die Bybel leer ken. Dis ‘n kreatiewe, interaktiewe les. Vir hierdie les kan jy of die PowerPoint – Ons Wonderlike Skepper of die Videoclip hieronder gebruik, of albei. Beide van hulle is regtig treffend as jy die kinders onder die indruk wil bring van hoe amazing God is.

JEUGLES – God die Vader

ons-wonderlike-skepper-ppt

 

3. God die Seun – Jesus Christus

Hierdie les fokus op Jesus Christus – die Seun van God, en wat Hom so uniek maak dat mense 2018 jaar na Sy hemelvaart nogsteeds van Hom weet.

JEUGLES – God die Seun

Hulp vir die Leiers – Wat maak Jesus so uniek

Ysbreker – Celebrity speletjie

Celebrities PPT

Facebook template 1

Facebook template 2

Facebook template 3

4. God die Heilige Gees

Baie van ons voel dat die Heilige Gees soos ‘n groot mistery is wat net deur sekere
mense verstaan word. Soos ons elke keer sê, ons gaan God NOOIT verstaan nie, want dan gaan Hy nie meer God wees nie. Ons leer egter meer van Hom deur die Bybel en dis wat hierdie les poog om te doen. Die videoclip hieronder word tydens die les gebruik.

JEUGLES – God die Heilige Gees

Hulp vir Leiers – Heilige Gees

Ysbreker – Geheime kode

Volg die skakel hieronder na ons ander Sondagskool Lesse:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/sondagskool-lesse-snr/

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s