AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.
Nagmaal Kinder / Jeugdiens
Ons het hierdie les gevat en aangepas vir ‘n Kinder / Jeugdiens en dit was AMAZING gewees. Ons het vooraf met die ouers van die Graad R-6 kinders gereël om tydens Praise and Worship te gaan aantrek soos Bybelse figure. Hulle het dan saam met hulle kinders rondom die nagmaalstafel gesit en die nagmaal gebruik.
Nagmaal les:
In hierdie les leer ons dat Jesus ‘n spesiale ete saam met Sy dissipels gehou het, sodat ons altyd kan onthou wat Hy vir ons aan die kruis gedoen het. Die kinders en grootmense trek Bybelse klere aan, maak die deeg vir die brood in die klas aan en gebruik die nagmaal saam, nadat dit op ‘n eenvoudinge manier aan die kinders verduidelik is.
Hierdie is ‘n les wat ons elke jaar met ons kinders behoort te doen sodat die nagmaal vir hulle die spesiale betekenis sal hê wat Jesus daarvoor bedoel het.
Laai die Kinderkerk Nagmaal les hieronder in PDF formaat af:
Volg die skakel hieronder na ons ander Hulpbronne oor die Nagmaal:
[…] https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/09/13/kinderkerk-les-nagmaal/ […]
LikeLike
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2017/09/13/kinderkerk-les-nagmaal/ […]
LikeLike
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2017/09/13/kinderkerk-les-nagmaal/ […]
LikeLike