AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Junior lesse se kort en interaktief met baie praktiese aktiwiteite soos speletjies en illustrasies. Junior Sondagskool lesse bestaan uit G1-lesse asook Skolebediening lesse.
Lesreeks: God die Vader – Junior
Wat weet ons kinders werklik van God af? Ken hulle Hom soos Hy homself deur Sy Woord aan ons bekendmaak, of ken hulle soos die wêreld Hom skilder? Hierdie lesreeks kyk na die verskillende eienskappe van God. Dis eenvoudig en interaktief en daarop gemik om kinders weer onder die indruk te bring van die amazing God wat ons aanbid. Kyk gerus na ons ‘Blogpost’ #Sleutelgedagtes: Handleiding vir die gebruik van ons lesse, dit gee ‘n uiteensetting van ons lesse.
Hierdie reeks is ook vir Graad 7-12 kinders by die volgende skakel beskikbaar:
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/05/16/lesreeks-senior-sondagskool-god-die-vader/
In hierdie Reeks behandel ons die volgende temas:
- Drie-Eenheid
- God bly altyd dieselfde
- God is Ewig, Alomteenwoordig, Alwetend
- God is Goed
- God is Heilig
- God is Jaloers
- God is Liefdevol
- God moet Gevrees word
1. G1: Drie-Eenheid
Hierdie is ‘n lieflike, interaktiewe les oor die Drie-Eenheid met ‘n oulike ysbreker en illustrasie wat werklik die kinders laat dink.
2. G1: God bly altyd dieselfde
God se Woord sê dat Hy gister, vandag en tot in alle ewigheid dieselfde is.
3. G1: God is Ewig, Alomteenwoordig, Alwetend
Hierdie is eienskappe wat ons nie met ons menslike verstand kan begryp of verstaan nie, in hierdie los poog ons om die kinders meer daaroor te vertel.
G1 – God is ewig- alomteenwoordig – alwetend
4. G1: God is goed
Die Woord sê dat niemand goed is nie, behalwe God.
5. G1: God is Heilig
Die wêreld is besig om sonde so te probeer regverdig dat ons as kinders van God nie aldag meer weet wat Heiligheid volgens God se standaarde beteken nie. God se opdrag aan Sy kinders is duidelik in Sy Woord – Wees heilig, want Ek is heilig!
6. G1: God is Jaloers
God het ons so lief, dat Hy jaloers is op al ons liefde en aandag, maar Sy jaloers wees is nie dieselfde as die wêreld s’n nie.
7. G1: God is Liefdevol
Die wêreld probeer God skilder as hierdie wrede God wat Sy enigste Seun – waarin hulle nie eers glo nie – aan ‘n kruis laat sterf het. God het ons so lief DAT Hy Sy enigste Seun aan ‘n kruis vir ons sondes laat sterf het.
8. G1: God moet Gevrees word
Om God te vrees beteken nie dat ek bang vir Hom moet wees nie. Dit beteken dat ek ontsag vir Hom moet hê, dat wat Hy van my verwag belangriker moet wees as wat ek wil hê.
Volg die skakel hieronder na ons ander Junior Sondagskool lesse:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/sondagskool-lesse-jnr/
[…] https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/06/03/junior-jeug-reeks-god-die-vader/ […]
LikeLike
[…] https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/06/03/junior-jeug-reeks-god-die-vader/ […]
LikeLike
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2017/06/03/junior-jeug-reeks-god-die-vader/ […]
LikeLike
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2017/06/03/junior-jeug-reeks-god-die-vader/ […]
LikeLike