AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.
Die tema van hierdie kwartaal se lesse is God die Vader, elke week word ‘n ander eienskap van God behandel ten einde God die Vader beter te leer ken.
GOD IS ALMAGTIG:
In hierdie les leer ons dat God enige iets kan doen, selfs dit wat ons nie kan doen nie. Die les gebruik die verhaal van Josua wat God gevra het om die son en die maan te laat stilstaan sodat die Israeliete die vyf konings se weermag kon wen.
KINDERKERKLES – God is Almagtig
Inkleurprent – God is Almagtig
EKSTRA HULP:
Die volgende skakel het baie oulike gratis prente van die hele verhaal van Josua en die son en maan wat stilgestaan het wat jy as deel van jou les kan gebruik.
http://www.freebibleimages.org/illustrations/joshua-sun/
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/god-die-vader-kinderkerk-lesse/