Sondagskool Lesreeks: Wapenrusting van God Jnr.

LESREEKS - Junior Sondagskool - Wapenrusting

 

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe.  Junior lesse se kort en interaktief met baie praktiese aktiwiteite soos speletjies en illustrasies. Junior Sondagskool lesse bestaan uit G1-lesse asook Skolebediening lesse.

Lesreeks: Wapenrusting van God – Junior

Hierdie reeks oor die Wapenrusting van God is vir die Graad 4-6 kinders (Junior) geskryf, daar is ook ‘n reeks vir die Graad 7-12 kinders (Senior) by die volgende skakel beskikbaar

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/03/13/wapenrusting-van-god/

Die Wapenrusting van God is een van ons, as kinders van God se, belangrikste toerusting, maar so min is daaroor beskikbaar. Ons het ‘n hele reeks daarvan gemaak en elke deel van die Wapenrusting afsonderlik met die kinders behandel. Ons was regtig verstom om te sien hoe die kinders hierop gereageer het, dit verstaan het, en dit geniet het. By die Senior reeks het ons by elke deel van die Wapenrusting  ‘n ‘teaching’ vir die leiers om hulle te help om dit beter te verstaan.

1. INLEDING:

In hierdie les word die kinders aan die wapenrusting ‘voorgestel’ op ‘n lekker kreatiewe manier met baie deelname van die kinders.

1. SKOLEBEDIENING – Inleiding Wapenrusting

1. Soldaat

1. Wapenrusting

2. GORDEL VAN DIE WAARHEID:

In hierdie les kyk ons na wat die gordel van die waarheid is en hoe ons as gelowiges dit moet gebruik.

2. SKOLEBEDIENING – Gordel van die Waarheid

2. Gordel – Waar of onwaar vrae

3. SWAARD VAN DIE GEES:

Tydens hierdie les leer die kinders wat die Swaard van die Gees is, hoe belangrik dit is en hoe ons kan leer om dit in ons alledaagse lewens te gebruik.

3. SKOLEBEDIENING – Swaard van die Gees

3. Swaard – wordsearch

4. BORSHARNAS VAN GEREGTIGHEID:

In hierdie les leer die kinders wat geregtigheid vir ons as kinders van God beteken, hoe die borsharnas dit beskerm, en hoe ek dit moet gebruik.

4. SKOLEBEDIENING – Borsharnas van Geregtigheid

5. SKILD VAN GELOOF:

In hierdie les leer die kinders wat die skild van geloof is en hoe ons as kinders van die Here dit moet gebruik.

5. SKOLEBEDIENING – Skild van Geloof

6. HELM VAN VERLOSSING:

In hierdie les kyk ons na die helm van verlossing se doel en konsentreer ook op die woord verlossing en wat dit beteken.

6. SKOLEBEDIENING – Helm van Verlossing

7. SKOENE VAN BEREIDHEID:

Hierdie week sluit ons die Wapenrusting reeks af met die skoene van bereidheid. Ons
fokus op die woord Evangelie en hoekom dit belangrik is om die Evangelie te versprei.

7. SKOLEBDIENING – Skoene van Bereidheid

8. WAPENRUSTING OPSOMMING:

Hierdie is ‘n heerlike les wat al die dele van die wapenrusting hersien deur middel van speletjies.

8. SKOLEBEDIENING – Wapenrusting speletjies

 

Volg die skakel hieronder na ons Senior Sondagskool Lesreeks oor die Wapenrusting van God:

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/03/13/wapenrusting-van-god/

 

 

 

 

 

 

 

 

2 thoughts on “Sondagskool Lesreeks: Wapenrusting van God Jnr.

  1. Terug pieng: Sondagskool Lesreeks: Wapenrusting van God Snr. |

  2. Terug pieng: Sondagskool Lesreeks: Wapenrusting van God Snr. |

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s