Sondagskool Lesreeks: Wapenrusting van God

AGTERGROND: Sondagskool lesse is geskryf vir Graad 7-12 kinders. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe.

Lesreeks: Wapenrusting van God

Hierdie reeks oor die Wapenrusting van God is vir Graad 7-12 kinders geskryf, die reeks is ook vir die Kinderkerk beskikbaar.

Die Wapenrusting van God is een van ons, as kinders van God se, belangrikste toerusting, maar so min is daaroor beskikbaar. Ons het ‘n hele reeks daarvan gemaak en elke deel van die Wapenrusting afsonderlik met die kinders behandel. Ons was regtig verstom om te sien hoe die kinders hierop gereageer het, dit verstaan het, en dit geniet het. Ons het ook vir die leiers by elke deel van die wapenrusting ‘n ‘teaching’ gegee om hulle te help om dit beter te verstaan ten einde die kinders te kan help.

1. WAPENRUSTING BOOTCAMP:

Voordat ons met die reeks oor die Wapenrusting begin het, het ons een aand ‘n lekker ‘funaand’ daarvan gemaak en ‘n ‘bootcamp’ met die kinders gehou om die verskillende dele van die wapenrusting aan hulle bekend te stel.

Les – Wapenrusting Bootcamp

BELT – Bybelvrae

BELT- Waarhede

SWAARD – Leuens en Waarheid

2. WAPENRUSTING RECAP

Die volgende week  het ons die verskillende dele van die Wapenrusting ‘recap’ om seker te maak die kinders weet watter dele waar hoort. Hulle het ook die kans gekry om ‘n Wapenrusting te maak en vir ‘n vrywilliger aan te trek.

Les – Wapenrusting Recap

Wapenrusting matching game

3. Swaard van die Gees

Omdat die Swaard so ‘n ontsettend belangrike wapen is, en baie min kinders regtig weet hoe om dit te gebruik, het ons die swaard oor ‘n paar weke behandel en regtig by die begin met die kinders begin. Die eerste vier lesse oor die swaard het ons tydens die eksamen met die kinders gedoen so dis redelik kort, want ons het net ‘n uur Jeugsel tydens die eksamen sodat die kinders nogsteeds kan kom.

Swaard van die Gees 1 – Inleiding

Hierdie les is ‘n inleiding vir die reeks oor die Wapenrusting van God en hoe belangrik dit is, asook waar dit inpas in God se storie met die mens. Die videoclip hieronder word tydens hierdie les gebruik.

Les – Swaard van die Gees 1

Swaard van die Gees 2 – Algemene feite oor die Bybel

In hierdie les vra ons vrae soos: Hoe weet ons die Bybel is waar? Waar kom die Bybel vandaan? Wie het die Bybel aanmekaar gesit. Die videoclip hieronder word tydens hierdie les gebruik.

Les – Swaard van die Gees 2

Swaard van die Gees 3 – Ou Testament

In hierdie les kyk ons na die Ou Testament en hoe dit aanmekaar gesit is. Ons kyk spesifiek na die dele waaruit dit bestaan, sodat die kinders beter kan verstaan wat hulle lees.

Les -Swaard-van-die-Gees-3

Ysbreker – Bybel Bingo – Beskrywings

Ysbreker – Bybel Bingo – Karakters

Die Ou Testament se boeke in die Bybel

Swaard van die Gees 4 – Nuwe Testament

In hierdie les kyk ons na die Nuwe Testament en hoe dit aanmekaar gesit is. Ons kyk spesifiek na die dele waaruit dit bestaan, sodat die kinders beter kan verstaan wat hulle lees.

Les – Swaard van die Gees 4

Die Nuwe Testament se boeke in die Bybel

Swaard van die Gees 5 – Hoe om jou wapen te gebruik

In hierdie les leer ons die kinders HOE om hulle wapen – Die Bybel te gebruik. Ons raak prakties en kyk watter teksverse in watter omstandighede gebruik kan word en HOE om dit dit gebruik.

Les – Swaard van die Gees 5

Ysbreker – Swaard

OEFEN OM JOU WAPEN TE GEBRUIK

Hulp vir Leiers – Swaard

4. Gordel van die Waarheid

In hierdie les kyk ons na die Gordel van die Waarheid. Ons kyk na wat die Waarheid is. As ons die waarheid ken, dan is dit maklik, maar die probleem kom in wanneer ons NIE die waarheid ken nie. Dis wanneer die vyand – satan – dit regkry om vir ons ‘n klomp stories te vertel, en OMDAT ons nie die waarheid ken nie weet ons nie of ons dit moet glo of nie, of wat om daarmee te maak nie.

Les – Wapenrusting Gordel

Gordel – Ysbreker 1 – Waar of Onwaar

Teksverse

Hulp vir Leiers – Gordel

5. Borsharnas van Vryspraak

Vir hierdie les het ons ‘n ysbreker met ‘n gevriesde T-hemp en ‘n mooi illustrasie om vryspraak / geregtigheid op ‘n eenvoudige manier te verduidelik. Ons gesels ook oor hoe ek my vrysrpaak / gregtigheid as deel van die wapenrusting aantrek.

‘n Vriendelike waarskuwing oor die T-hemp ysbreker. Moenie die T-hemp te lank voor die tyd vries nie, ons het dit ‘n week en ‘n half voor die tyd gedoen, want ons het gedink dit gaan lank vat. Jy kan dit met gemak twee dae voor die tyd doen. Moet ook nie jou kinders toelaat om die blok ys waarin die T-hemp gevries is te gooi om die blok ys stukkend te kry nie, jou T-hempde skeur in die proses. Ons kinders het die VREESLIK geniet, maar die blok ys was te hard gewees en het in ‘n redelike gemors ontaard, wat die kinders natuurlik vreeslik geniet het, maar dit het die ysbreker so bietjie ‘gekaap’.

Les – Wapenrusting Borsharnas

Hulp vir Leiers – Borsharnas

6. Skoene van Bereidheid

In hierdie les kyk ons na wat die Evangelie van Vrede is en hoe ek dit as deel van die wapenrusting gebruik. Ons kyk ook na die belangrikheid van skoene as deel van die wapenrusting.

Ons het nie Ysbreker 2 gedoen nie, omdat ons kinders redelik rof is en ons bang was hulle gooi die vensters uit. Die kinders het die modeparade vreeslik geniet, ons het flippers, gumboots, aandskoene, veiligheidskoene, vreemde pantoffels en nog ‘n paar ander interessante skoene gehad. Die kinders geniet dit baie as die leiers ook bietjie in die kalklig kom en iets doen.

Les – Wapenrusting Skoene

Skoene van Vrede – Vrae en antwoorde

Skoene van Vrede – Vrae

Hulp vir Leiers – Skoene

7. Skild van Geloof

In hierdie les gesels ons oor wat geloof is, en dat dit partykeer moeilik is om te glo. Ons gebruik die voorbeeld van Daniël se drie vriende vir geloof. Hierdie les het ook twee baie effektiewe ysbrekers om die konsep van geloof aan die kinders te verduidelik. Ons kyk ook hoe ons juis die skild kan gebruik om ons geloof te beskerm. Die videoclips hieronder word tydens hierdie les gebruik.

Ons het probeer om die konsep van glo en vertroue aan die kinders te demonstreer deur die twee ysbrekers. Maak net ten alle tye seker dat jou kinders veilig is en nie seerkry nie. As iemand nie aan hierdie ysbrekers wou deelneem nie het ons hulle laat uitsit.

Les – Wapenrusting Skild

Vrae in die groepe – Skild

Hulp vir Leiers – Skild

8. Helm van Verlossing

In hierdie les gesels ons oor Verlossing, wat dit beteken en wat dit vir MY beteken. Ons kyk ook hoe die helm my Verlossing beskerm. Ons gebruik twee speletjies met hoede om die idee van die helm by die kinders tuis te bring. Die videoclips hieronder word tydens hierdie les gebruik.

Les – Wapenrusting Helm

Helm van Verlossing – Vrae en antwoorde

Helm van Verlossing – Vrae

Hulp vir Leiers – Helm

9. WAPENRUSTING: Opsomming

Ons het ons reeks oor die wapenrusing afgesluit met ‘n ‘opsomming’ van al die dele. Die kinders het ‘n speletjie by elkeen gespeel wat dit weer vasgelê het, asook ‘n vraag oor bv. wat is geloof, verlossing, geregtigheid ens.

Les – Wapenrusting Opsomming

Volg die skakel hieronder na ons Kinderkerk lesreeks oor die Wapenrusting van God

Kinderkerk Lesreeks: Wapenrusting van God

3 comments

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s