Jeug Funaand: Wapenrusting Bootcamp

wapenrusting bootcamp

Die Wapenrusting van God is een van ons, as kinders van God se, belangrikste toerusting, maar so min is daaroor beskikbaar. Ons het ‘n hele reeks daarvan gemaak en elke deel van die Wapenrusting afsonderlik met die kinders behandel.

Wapenrusting Bootcamp:

Voordat ons met die reeks oor die Wapenrusting begin het, het ons een aand ‘n lekker ‘funaand’ daarvan gemaak en ‘n ‘bootcamp’ met die kinders gehou om die verskillende dele van die wapenrusting aan hulle bekend te stel.

Gordel van die WAARHEID: Elke groep kry ‘n ‘belt’ wat een van die groeplede om hulle lyf moet vasbind. Hulle begin saam as groep aan een kant van die kerk, die groepleier vra ‘n vraag uit die Bybel, as die groep die vraag reg antwoord kan hulle een treȅ vorentoe beweeg, en hulle kry iets om aan hulle belt vas te spelt. Daarna process ons die speletjie.

Borsharnas van GEREGTIGHEID: Elke groep kry ‘n ping-pong-bal, hulle moet die bal van die een kant van die kerk na die ander kant op die vloer vir mekaar blaas, dis soos ‘n relay. Daarna process ons die speletjie.

Skoene BEREIDHEID OM DIE EVANGELIE TE verkondig: Al die kinders trek een skoen uit en gooi dit op ‘n hoop aan die een kant van die kerk. Groepe neem teen mekaar deel, een kind op ‘n slag Ready, steady, go – hardloop, kry jou skoen, trek dit aan waar jy is, hardloop terug en ‘touch’ die volgende groeplid wat dan dieselfde doen. Daarna process ons die speletjie.

Skild van GELOOF: Elke groep staan in ‘n ry agter mekaar, die voorste kind het ‘n raket in die hand, die groepleier staan voor hulle met ‘n sak balle, die leier gooi hulle met die balle, en hulle moet dit met die raket probeer wegslaan, elke kind kry ‘n beurt.  Daarna process ons die speletjie.

Helm van VERLOSSING: Pak ‘n ry glasies aan die een kant van die kerk se muur laat die groepe in rye voor hulle glasie staan elke groep kry ook ‘n ping pong bal – laat hulle VER weg staan, en probeer om die bal te laat bons binne-in die glasie in – die een wat dit regkry kry ‘n prys (eintlik onmoontlik tensy jy BAIE goed is) doen daarna ‘n 2de rondte – of jy dit regkry of nie, jy kan ‘n prys kry. Daarna process ons die speletjie.

Swaard van die GEES – WOORD VAN GOD: Ons gaan ‘n klomp opgeblaasde ballonne op die vloer gooi op elkeen is ‘n leuen geskryf, en binne-in is die waarheid elke groep kry een stuk plank (swaard) en moet kyk hoeveel leuens hulle kan stukkend slaan met die plank/swaard – en by die waarheid uitkom. Daarna process ons die speletjie.

Les – Wapenrusting Bootcamp

BELT – Bybelvrae

BELT- Waarhede

SWAARD – Leuens en Waarheid

Vind die Lesreeks oor die Wapenrusting by die skakel hieronder:

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/03/13/wapenrusting-van-god/

Volg die skakel hieronder na ons ander Funaande:  

https://algoagemeenskapskerk.com/category/funaande/

 

3 comments

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s