#Sleutelgedagtes: Uit die boks jeugidees

uit die boks jeugidees

As jy hierdie Blog post lees, dan neem ons aan dat jy met die jeug werk. Ons glo dat jy saam met ons sal stem, dat dit wondelik is, maar soms ook ‘n balanseertoertjie geword het.

Om kinders te kry om Sondagskool of Jeug by te woon bly ‘n geweldige uitdaging, omdat dit soms voel dat daar so baie is waarmee ons moet ‘kompeteer’ – nie dat dit ‘n kompetisie is nie, maar dit voel partykeer so. Ons kinders se skedules is baie keer voller en besiger as die van pa en ma, en om ‘kerk’ ook nog êrens ‘in-te-pas’ is nie altyd moontlik of ‘n prioriteit nie.

Baie hiervan begin in die huis waar pa en ma die fondasie moet lê, maar ons as jeugleiers het net so groot verantwoordelikheid om dit waarna die kinders kom vir hulle die ‘moeite werd’ te maak.

Ons moet ‘uit die boks’ begin dink oor Sondagskool en Jeug. Dit kan nie meer dieselfde patroon volg as 10 jaar gelede nie. Ons kinders is anders, dit waaraan hulle blootgestel word is anders, en dit waarmee ons moet ‘kompeteer’ is anders.

By al ons jeuggroepe is daar sekere elemente wat ons by elke les het: praise en worship, ysbreker, process die ysbreker, vrae vir die kinders, maar die patroon lyk nooit dieselfde nie, al is al die elemente daar. Ons kinders LOVE die jeug, en ons is nie arrogant wanneer ons dit sê nie – die kinders se ouers sê dit, en ons getalle wys dit.

Hoekom? Nommer 1 bid ons oor die tema van die kwartaal en elke les, die Heilige Gees lei ons na die inhoud van die les – en dan klim ons uit die boks uit!!

Sleutelgedagtes - buite die boks idees.png

YSBREKERS:

‘n Ysbreker is vir ons ‘n absolute MOET by elke les. Ons het ALTYD ‘n ysbreker wat by die tema van die les pas, daarmee het jy onmiddelik die kinders se aandag, en is hulle amper meer ‘bereid’ om na jou te luister, want jy het hulle ‘geakkomodeer’. Gaan loer gerus by die volgende skakels vir ‘n paar idees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/speletjies/

https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-speletjies/

https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-aktiwiteite/

VIDEOCLIPS:

As ons so deur die Heilige Gees gelei word, gaan soek ons ‘n videoclip wat by die tema pas – die kinders is mal daaroor, maar ons doen dit nie by elke les nie, want dan raak dit later ook ‘boring’. Die videoclips moet lekker ‘jonk’ wees om die kinders se aandag te hou. Gaan loer gerus by die volgende skakels vir ‘n paar idees:

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/04/01/hulpbronne-videoclips-2/

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/02/19/internet-hulpbronne-video-clips-2/

ILLUSTRASIES:

Die kinders hou ook baie van illustrasies, maar ook dit gebruik ons nie elke week nie, maar soos ons deur die Heilige Gees gelei word.

SPELETJIES en FUNAANDE:

Ons gebruik gereeld ‘n ‘funaand/speletjiesaand’ aan die begin van die kwartaal om die tema van die kwartaal aan die kinders bekend te stel.

1. Ons het by die Senior Jeuglesse kategorie: Wapenrusting van God ‘n ‘Wapenrusting bootcamp’ gehad – en aan die einde van die reeks die wapenrusting opgesom deur middel van speletjies.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/07/12/jeug-funaand-wapenrusting-bootcamp/

2. By die Senior Jeuglesse kategorie: Heilige Gees het ons ‘n Heilige Gees funaand gehad waar ons eers die verskillende eienskappe van die Heilige Gees speel-speel aan die kinders bekend gestel het.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/07/07/jeug-funaand-heilige-gees/

3. Gaan kyk gerus by die Senior Jeuglesse kategorie: Senior Jeugreeks 3: Om Jesus te volg het ons ‘n funaand daaroor gehad.

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/04/06/jeug-reeks-3-om-jesus-te-volg/

4. Senior Jeuglesse kategorie: Senior Jeugreeks 1: Begin die reis, is ‘n reeks wat rondom gewilde tv-reekse soos fear factor, survivor ens. geskryf is, waar dit help om die geestelike waarde en beginsels aan die kinders oor te dra.

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/04/05/jeug-begin-die-reis/

5. Die Junior Jeuglesse kategorie: Superhero Training reeks, is ‘n fantastiese manier om ons geestelik reis op ‘n kreatiewe manier aan ons kleinspan te verduidelik.

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/04/18/skolebediening-superhero-opleiding/

Gaan loer gerus by die skakel hieronder na ons Funaande:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/funaande/

En so kan ons aangaan…. Die punt wat ons wil maak is MOENIE in ‘n groef beland en die maklikste roete volg nie. Ja, ons weet dis harde werk, hier by ons leef, eet en slaap ons ouens in die jeugbediening net jeugbediening! Die resultate is egter AMAZING wanneer die kinders nie kan wag om op ‘n Woensdagaand na ‘n lang skooldag, huiswerk en sport jeug in hulle hordes bywoon nie! DIT maak alles die moeite werd!

Krap gerus op ons Blog rond, ons het BAIE kreatiewe idees – gaan kyk na ons Funaand, ons Familie Funaande, ons Hulpbronne en word geïnspireer om “Buite die boks” te dink! Onthou jy kan AL ons hulpbronne, lesse ens. gratis aflaai.

Sleutelgedagtes - buite die boks idees 2

Volg die skakel hieronder na ons ander #Sleutelgedagtes:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/sleutelgedagtes/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s