AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
Lesreeks: 3. Om Jesus te volg
Die volgende drie reekse loop hand aan hand en word oor drie kwartale gedoen. Die eerste is 1. Begin die reis, 2. Operasie Transformasie 3. Om Jesus te volg.
Die eerste reeks begin by die begin by wat verlossing is, hoe en wie verlos kan word en dan bekering.
Die tweede reeks fokus op die verandering / transformasie wat in my lewe moet gebeur nadat ek my lewe vir Jesus gegee het.
Hierdie reeks fokus op die Heilige Gees, Wie Hy is, wat Hy doen en hoe Hy ons help. Ons kyk ook in redelik diepte na wat dit beteken as God sê dat ons Heilig moet wees.
OM JESUS TE VOLG 1: Heilige Gees Funaand
Ons kinders is mal oor ‘n lekker funaand – en baie keer gebruik ons die tema van die kwartaal en hou daar rondom ‘n funaand. Hierdie funaand fokus rondom die funksies van die Heilige Gees en verduidelik moeilike begrippe op ‘n eenvoudige manier vir die kinders. Beslis ‘n moet vir kinders voordat jy oor die Heilige Gees begin gesels.
JEUGLES – Heilige Gees Funaand
OM JESUS TE VOLG 2: Om Jesus te volg Funaand
Hierdie is ook ‘n funaand – en kyk na die deel in die Bybel wat sê dat jy die koste moet bereken voordat jy besluit om Jesus te volg.
JEUGLES – Funaand – Om Jesus te volg
monopoly-money-five-hundred-dollar
monopoly-money-one-hundred-dollar
OM JESUS TE VOLG 3: Heilig Lewe 1
Om heilig te wees is ‘n opdrag van God. Die opdrag is, wees heilig, want Ek is heilig. In hierdie les kyk ons dit beteken wanneer Jesus sê ons heilig moet wees.
Heilig lewe 1 – stukke vir die emmers
OM JESUS TE VOLG 4: Heilig Lewe 2
As ek probeer heilig leef, maar ek is nog besig met die wêreld en sonde op die sideline, gaan ek NOOIT naby heiligheid kan kom nie, ek moet die sonde/wêreld eenkant neersit en net op heilig konsentreer. Ons kan nie met ons een voet in die wêreld leef en ons ander voet by God nie.
Heilig lewe 2 – Boardgame template
OM JESUS TE VOLG 5: Raising the Bar
Kom ek verduidelik – wanneer ek die dag my hart vir Jesus gee, geld ‘n nuwe standaard in my lewe. God se Woord is duidelik oor die goed wat Hy wil hê ons moet laat staan.
OM JESUS TE VOLG 6: Heilige Gees 1
In hierdie les antwoord ons vrae soos Wie is die Heilige Gees? Wat doen die Heilige Gees en hoe kry ek die Heilige Gees.
OM JESUS TE VOLG 7: Heilige Gees 2
In hierdie les kyk ons na die funksies van die Heilige Gees en hoe Hy ons help op ons reis saam met Jesus.
Hier is die skakels na die ander twee reekse:
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/04/05/jeug-begin-die-reis/
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/04/06/jeug-operasie-transformasie/
[…] https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/04/06/jeug-reeks-3-om-jesus-te-volg/ […]
LikeLike
[…] https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/04/06/jeug-reeks-3-om-jesus-te-volg/ […]
LikeLike
[…] https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/04/06/jeug-reeks-3-om-jesus-te-volg/ […]
LikeLike
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2017/04/06/jeug-reeks-3-om-jesus-te-volg/ […]
LikeLike