AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
Lesreeks: 2. Operasie Transformasie
Die volgende drie reekse loop hand aan hand en word oor drie kwartale gedoen. Die eerste is 1. Begin die reis, 2. Operasie Transformasie 3. Om Jesus te volg.
Die eerste reeks begin by die begin by wat verlossing is, hoe en wie verlos kan word en dan bekering.
Hierdie reeks volg uit my keuse om Jesus as my Verlosser en Saligmaker aan te neem. Dit fokus op die verandering wat in my lewe moet plaasvind na bekering, en my identiteit in Christus – dat ek nie dieselfde kan bly as my lewe aan Jesus behoort nie. Dus – Operasie Transformasie.
In hierdie reeks behandel ons die volgende temas:
- Makeovers
- My Identiteit in Christus 1
- My Identiteit in Christus 2
- Beeld van God
- Operasie Transformasie
OPERASIE TRANSFORMASIE 1: Makeovers
Die dag wanneer ek my hart / lewe vir Jesus gee, dan begin die Heilige Gees met ‘n proses
in my lewe. Die Heilige Gees kom doen ‘n ‘makeover’ in my lewe. Hy help my anders dink, anders leef, ander besluite neem, MAAR ek moet bereid wees en Hom TOELAAT.
OPERASIE TRANSFORMASIE 2: My ID in Christus 1
Wat jy van jouself dink is BAIE belangrik, want wat jy van jouself dink, of oor jouself dink gaan bepaal hoe jy leef en watter besluite jy gaan maak en neem! In hierdie les kyk ons na wat God van ons dink, want dis anders as wat ons van onsself dink. Die videoclip hieronder word tydens hierdie les gebruik.
JEUGLES – My identiteit in Christus 1
My ID in Christus 1 – Uitdeelstuk
OPERASIE TRANSFORMASIE 3: My ID in Christus 2
Die prentjie wat ek en God van my het is nie dieselfde nie. God se prentjies is die “real” prentjie en my prentjie is die “fake” prentjie. Om my identiteit van God te verstaan is dit belangrik om DIT te verstaan.
JEUGLES – My identiteit in Christus 2
ID in Christus 2 – Brain teaser
ID in Christus 2 – uitdeelstuk
OPERASIE TRANSFORMASIE 4: Beeld van God
Wanneer God sê dat Hy ons na Sy beeld geskape het, beteken dit NIE dat ons soos Hy LYK
nie. Wanneer God sê dat Hy ons na Sy beeld geskape het, beteken dit om soos Hy te wees. Die videoclip hieronder word tydens hierdie les gebruik.
OPERASIE TRANSFORMASIE 5: Operasie Transformasie
Wanneer ek my hart vir Jesus gegee het kan my lewe nie dieselfde bly nie. My lewe moet anders begin lyk, want dis die vrug wat by die bekering pas. Die videoclip hieronder word tydens hierdie les gebruik.
JEUGLES – Operasie Transformasie
Opersasie Transformasie – Uitdeelstuk
Hier is die skakels na die ander twee reekse:
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/04/05/jeug-begin-die-reis/
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/04/06/jeug-reeks-3-om-jesus-te-volg/
[…] https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/04/06/jeug-operasie-transformasie/ […]
LikeLike
[…] https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/04/06/jeug-operasie-transformasie/ […]
LikeLike
[…] https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/04/06/jeug-operasie-transformasie/ […]
LikeLike