AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
Lesreeks: 1. Begin die reis
Die volgende drie reekse loop hand aan hand en word oor drie kwartale gedoen. Die eerste is 1. Begin die reis, 2. Operasie Transformasie 3. Om Jesus te volg.
Die eerste reeks begin by die begin by wat verlossing is, hoe en wie verlos kan word en dan bekering.
Meeste van hierdie reeks se lesse word rondom ‘n bekende TV speletjie se tema gedoen soos Mission Impossible, Fear Factor, Survivor ens. Dit help om moeilike konsepte en temas beter aan die kinders te verduidelik, en is GROOT pret tussen al die ernstig deur. Dit het die kinders ook nuuskierig gemaak om te kom en nie uit te mis nie!
In hierdie reeks behandel ons die volgende temas:
- Mission Impossible
- Battle
- Tweede kanse
- Fear Factor
- Bekerings aand
- Die leuens van satan
- Survivor
BEGIN DIE REIS 1: Mission Impossible
Ek kan myself nie red nie – Mission Impossible – daarom het God ‘n plan gemaak sodat ek nie verlore hoef te gaan nie, maar as ek Jesus aanneem as my persoonlike Verlosser en Saligmaker, dan kan ek gered word van ‘n ewige lewe in die hel.
JEUGLES – Mission Impossible – Wat is Verlossing
BEGIN DIE REIS 2: Battle
Wanneer ek my hart vir Jesus wil gee kom die satan met ‘n klomp stories na ons dat ons nie goed genoeg is nie, en dat Jesus ons nooit sal wil hê nie omdat ons lewens te vol sondes is. Dis soos ‘n ‘battle’ ‘n geveg – ons wil ons lewens vir Jesus gee, en satan ‘fight’ kliphard om ons te keer en ons by hom te hou. Die videoclip hieronder word tydens hierdie les gebruik.
JEUGLES – Battle – Wie kan gered word
BEGIN DIE REIS 3: Tweede Kanse
Jesus gee almal van ons tweede kanse soos vir die verlore seun. Ons moet net bereid wees om die tweede kans wat Hy vir ons wil gee te vat. Die videoclip hieronder word tydens hierdie les gebruik.
BEGIN DIE REIS 4: Fear Factor
Hierdie les word in die vorm van ‘n “Fear Factor” aand aangebied, en dan trek ons dit geestelik deur na watter vrese ons het om ons harte vir Jesus te gee.
BEGIN DIE REIS 5: Bekerings aand
In hierdie les gaan ons met die kinders deur die proses om hulle harte vir Jesus te gee. Op hierdie stadium rig ons nie ‘n uitnodiging tot bekering nie. Aan die einde van die aand word ‘n uitnodiging tot bekering gemaak wanneer die aand verby is en die kinders word die kans gegee om terug te kom nadat almal uit die kerk uit is. Op hierdie manier gee ons die kinders kans om deur die aand ‘die koste te bereken’ en nie ‘n emosionele besluit te neem nie.
Bekeringsaand – Plakate vd mure
BEGIN DIE REIS 6: Die leuens van satan
Satan vertel vir ons ‘n klomp leuens om ons te keer om ons harte vir Jesus te gee. In hierdie les gee ons die kinders die kans om die satan se leuens te konfronteer en te besluit wat hulle daarmee wil doen. Satan se leuens glo of Jesus se Waarheid glo.
JEUGLES – Die leuens van satan
BEGIN DIE REIS 7: Survivor
Hoe ‘survive’ ek as kind van God? Wat is die dinge wat my sal help om geestelik te groei en op die pad saam met Jesus te bly.
JEUGLES – Survivor – Hoe oorleef ek as nuwe Christen
Hier is die skakels na die ander twee reekse:
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/04/06/jeug-operasie-transformasie/
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/04/06/jeug-reeks-3-om-jesus-te-volg/
[…] https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/04/05/jeug-begin-die-reis/ […]
LikeLike
[…] https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/04/05/jeug-begin-die-reis/ […]
LikeLike
[…] https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/04/05/jeug-begin-die-reis/ […]
LikeLike
[…] Hierdie Funaand is deel van die Senior Sondagskool reeks “Begin die Reis” https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/04/05/jeug-begin-die-reis/ […]
LikeLike
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2017/04/05/jeug-begin-die-reis/ […]
LikeLike