Jeug Funaand: Heilige Gees

heilige gees - groot

Jesus belowe die Heilige Gees vir ons in Sy Woord, en sê dat dit beter vir ons is dat Hy weggaan, want dan stuur Hy vir ons die Helper, die Heilige Gees.

Heilige Gees:

Tydens hierdie Funaand leer die kinders wat ‘n Helper beteken deur die speel van speletjies met chopsticks. Net een chopstick beteken niks nie, jy het twee nodig, en dis soos die Heilige Gees. Ons as kinders van God beteken niks op ons eie nie, ons het die Heilige Gees nodig. Daar is nog twee lesse wat op hierdie les volg.

SPELETJIE 1 – Chopstick en ping pong ball relay: Die groepe staan in ‘n rye, elke spanlid kry ‘n paar chopsticks, een hand word agter dieruggehou. Elke span kry ‘n ping pong bal wat hulle met die chopsticks – een hand agter dierug moet aangee.

SPELETJIE  2 – Chopstick pickup dash: Elke span kry een paar chopsticks. Hulle moet items van een bord na ‘n ander ‘dra’ met die chopsticks.

SPELETJIE  3 – Hoogste toring: Elke span kry chopsticks, tou en ‘n skêr, en kyk watter groep die hoogste toring daarmee kan bou.

SPELETJIE  4 – Aartappel rol: Die groep sit in ‘n ry, elke span kry ‘n aartappel en elke groeplid ‘n paar chopsticks. Die aartappel moet van die een spanlid na die ander gerol word met die chopsticks tot aan die einde van die ry.

SPELETJIE  5 – Pass the object: Die groep staan in ‘n sirkel, elke groeplid kry ‘n paar chopsticks en die groep ‘n item wat hulle van persoon tot persoon met die chopsticks moet aangee tot dit weer by die eerste persoon kom.

SPELETJIE  6 – Jacks: Die groep sit in ‘n sirkel, elke groep kry 10 chopsticks en ‘n tennisbal. Die chopsticks word op die vloer voor die groep uitgesprei. Een groeplid op ‘n slag neem deel. Die bal word deur die groeplid gebons (nie te hoog nie, laer is beter as hoër) die groeplid moet die bal met die een hand vang terwyl hulle in dieselfde tyd ‘n chopstick met die ander hand probeer optel. As hulle dit nie regkry nie is dit die volgende groeplid se beurt. As hulle dit regkry doen dit weer en tel nou 2 chopsticks op, dan 3 ens, totdat hulle uitval of alles opgetel het, dan is dit die volgende persoon se beurt.

SPELETJIE  7 – Pick up sticks: Die groep sit in ‘n sirkel, elke groep kry ‘n klomp chopsticks. Die leier hou die chopsticks in ‘n bondel en laat val dit op die vloer. Die groeplede moet probeer om die chopsticks op te tel sonder om aan die ander chopsticks te raak of dit te beweeg. Begin van die onderstes optel. Elke groeplid kry ‘n beurt totdat alles opgetel is.

PROCESS DIE SPELETJIES:
Chopsticks werk net wanneer mens dit in ‘n paar – 2 – gebruik, die een ‘help’ die ander   een. God het hier vir ons kom help – Hy gee vir ons ‘n ‘Helper’ wanneer ons die dag tot bekering kom – Sy naam is die Heilige Gees.

Laai die les hieronder in WORD formaat af:

1. FUNAAND – Heilige Gees

Volg die skakel hieronder na die ander lesse oor die Heilige Gees:

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/04/06/jeug-heilige-gees/

Volg die skakel hieronder na ons ander Funaande:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/funaande/

 

 

 

One comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s