Internet Hulpronne: Free Photo Editing Software

photoscapelogo

 

Ons is bewus daarvan dat daar heelwat oulike, verbruikers vriendelike foto-redigering programme beskikbaar is. Vir die van ons wat nie tegnologies aangelê is nie, voel dit partykeer soos ‘n nagmerrie om te weet watter program om te kies, en watter maklik is om te gebruik.

Photoscape: Free Photo Editing Software

Vir die van julle wat soos ons voel, wil ons vandag aan Photoscape bekendstel. Photoscape is ‘n gratis foto redigerings program wat jy van die internet aflaai.

Dis maklik om te gebruik, en daar is BAIE ‘cool’ goed wat jy daarmee kan doen. Ons gebruik dit al jare om advertensies vir ons ‘events’ op Facebook te maak, en het onlangs daaroor begin oplees en besef dat ons al die jare met ‘n juweel sit wat ons nooit ten volle benut het nie.

Ons gaan nie nou vir julle verduidelik HOE om Photoscape te gebruik nie, daarvoor is daar meer as genoeg inligting en video’s beskikbaar. Wat ons WEL wil doen, is om julle aan te moedig AS julle besluit om die program af te laai en te gebruik om daaroor te gaan oplees, sodat julle nie die helfte van die goed mis wat jy daarmee kan doen nie!

Transparent Pic’s

Een van die goed wat ons wel onder julle aandag wil bring is die gebruik van ‘transparent pics’. Dit is die wonderlikste ‘tool’ om te gebruik! Photoscape self het nie daarvan nie, maar jy laai dit af deur ‘transparent flower’, of wat jy ookal soek in te tik, dan ‘save’ jy dit.

Jy kies vir jou ‘n agtergrond waarvan jy hou en deur daarop te ‘click’ is dit wat in jou groot ‘edit’ skerm verskyn.

Wanneer jy Photoscape oopmaak kies jy die “Editor” icon om te kan verander aan jou foto’s.

hk

Kies dan jou foto uit die linkerkantse paneel:

pic 1

Jy maak die “object’ tab oop en ‘click’ dan op die ‘landskap’ icon wat jou dan uit jou foto’s laat kies watter jy op jou agtergrond wil sit:

pic 3

En so lyk ‘transparent pic’s” op jou agtergrond. Ek het 3 verskillende prentjies hier gebruik, en dan natuurlik die teks.

64a

Tansparent Pic Websites:

Ek het baie van my prentjies op Google Images gekry deur verskillende goed in te tik, daar is egter twee websites wat ek gereeld gebruik.

Pngtree.com

https://pngtree.com/

Hierdie website het verskillende opsies, ek gebruik die gratis een. Jy registreer en mag dan 2 gratis prente ‘n dag aflaai. Hulle het die MOOISTE goed, veral hulle ‘light effects’ en ‘Photoshop Graphic Resources’ is van die beste.

Kisspng.com

https://www.kisspng.com

Hierdie is die ander website, hulle het BAIE gratis prente wat jy onbeperk kan aflaai en ook baie van pngtree s’n. Wees net gewaarsku dat die eerste week of twee wat jy hulle gebruik die ‘I am not a robot’ prentjies jou mal maak, daarna as hulle agterkom jy is ‘n gereelde gebruiker vra hulle jou dit nie meer nie, en hulle goed is regtig die moeite werd om bietjie voor vas te byt!

Fonts:

Photoscape se fonts is ok, maar jy raak gou verveeld daarmee, die goeie nuus is egter dat jy fonts kan aflaai en soos jy hulle ‘install’ raak hulle outomaties deel van jou Photoscape fonts.

Collages:

Collages is die ander amazing ding waarvoor Photoscape goed werk. Om collages te maak gaan jy na die “Page” afdeling, en van daaraf is dit baie maklik. Jy ‘drag and drop’ wat jy wil hê en verder ontwerp jy soos wat jy met die individuele foto sal doen.

hk

Hierdie is net ‘n Photoscape ‘lusmakertjie” daar is soveel amazing goed wat jy met hierdie program kan doen – tik net photoscape tutorials in en jy sal ‘n KLOMP video’s kry wat jou verder sal help.

Jy kan Photoscape by die volgende skakel op jou  rekenaar aflaai:

https://photoscape.en.softonic.com/download

Volg die skakel hieronder na ons ander Internet Hulpbronne:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/internet-hulpbronne/

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s