Internet Hulpbronne: Webtuistes om Gratis foto’s te vind

webtuistes om gratis foto's te vind

Om die regte foto vir die regte blogpost, jeug advertensie of hulpbron te soek kan partykeer langer vat as om die post self te skryf. Juwele soos die een waarop ons vandag afgekom het is daarom so kosbaar.

Die skrywer van dansbookblog het ‘n post gedoen waarin hy jou aan die beste 10 webtuistes voorstel waar jy gratis foto’s kan vind. Ons elkeen se behoeftes verskil, gaan loer dus om te sien of daar nie dalk iets is wat jou kan help nie.

Volg die skakel hieronder na sy blogpost:

https://dansbookblog.com/2018/07/06/best-free-images/

Ons het ook twee van ons eie gunstelinge wat ons gereeld gebruik:

Pngtree.com

https://pngtree.com/

Hierdie website het verskillende opsies, ek gebruik die gratis een. Jy registreer en mag dan 2 gratis prente ‘n dag aflaai. Hulle het die MOOISTE goed, veral hulle ‘light effects’ en ‘Photoshop Graphic Resources’ is van die beste.

Kisspng.com

https://www.kisspng.com

Hierdie is die ander website, hulle het BAIE gratis prente wat jy onbeperk kan aflaai en ook baie van pngtree s’n. Wees net gewaarsku dat die eerste week of twee wat jy hulle gebruik die ‘I am not a robot’ prentjies jou mal maak. Daarna kom hulle agter dat jy is ‘n gereelde gebruiker is, en vra hulle jou dit nie meer nie. Hulle goed is regtig die moeite werd om bietjie voor vas te byt!

Volg die skakel hieronder na ons Blogpost: Free Photo Editing Software wat dalk baie waardevol vir jou mag wees:

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/07/06/internet-hulpronne-free-photo-editing-software/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s