AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Junior lesse se kort en interaktief met baie praktiese aktiwiteite soos speletjies en illustrasies. Junior Sondagskool lesse bestaan uit G1-lesse asook Skolebediening lesse.
Lesreeks: Superhero Opleiding – Junior
Hierdie is ‘n baie oulike Engels reeks “Superhero Training” wat ons aangepas het om met ons kinders in die Skole Bediening asook by ons Donderdagmiddae groep – G1 – te gebruik.
Dis baie oulike materiaal om te gebruik vir Laerskool kinders. Dit is BAIE interaktief en word dan kortliks deurgetrek op die einde. Die kinders het dit baie geniet omdat “Superhero’s” deel is van hulle “leefwêreld” en hulle die konsepte sodoende beter kon verstaan.
In hierdie Reeks behandel ons die volgende temas:
- Superhero Training
- Super Powers
- Archy enemy
- Luister na die Instruksies
- Wapenrusting 1
- Wapenrusting 2
- Ons Missie
SESSIE 1: Superhero Training
Hierdie is die inleiding les vir die Tema – Superhero Opleiding. In hierdie les kyk ons na die verskillende Super-hero’ en wat hulle Super-powers is. Ons sien dat nie een van die Superhero’s die powers van Jesus het nie. HY is die untimate “Superhero”.
1. SKOLEBEDIENING – Superhero Training
SESSIE 2: Super Powers
In hierdie les kyk ons na van die wonderwerke wat Jesus op aarde gedoen het. Dit is om vir die kinders te wys dat Jesus werklik die Seun van God is en dat Hy die wonderwerke gedoen het om gewone mense te help.
2. SKOLEBEDIENING – Super Powers
SESSIE 3: Archy enemy
Ons leer dat nes superheroes in die prente ‘n “arch enemy” het, ons as kinders van God ook ‘n vyand het wat daarop uit is om ons lewens te verwoes. Ons kan wel weet dat Jesus hom reeds oorwin het en dat ons aan Jesus moet vashou
3. SKOLEBEDIENING – Archy enemy
SESSIE 4: Luister na die Instruksies
In hierdie les leer ons dat ons veilig sal wees as ons na Jesus se instruksies luister en dat
Hy ons wysheid en krag gee om die regte dinge te kan doen.
4. SKOLEBEDIENING – Luister na die Instruksies
4. Luister na die Instruksies – Puzzel
SESSIE 5: Wapenrusting 1
In hierdie les kyk ons kortliks na die wapenrusting wat God ons gee.
5. SKOLEBEDIENING – Wapenrusting van God – 1
SESSIE 6: Wapenrusting 2
In hierdie les hersien ons deur middel van speletjies die wapenrusting wat God ons gee.
6. SKOLEBEDIENING – Wapenrusting – 2
SESSIE 7: Ons Missie
In hierdie les leer ons dat Jesus ons beveel om liefde uit te leef in die wêreld en ander
van Hom te vertel om hulle lewens te red. Ons bespreek hierdie opdrag.
7. SKOLEBEDIENING – Ons Missie
Volg die skakel hieronder na ons ander Junior Sondagskool lesse:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/sondagskool-lesse-jnr/
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2017/04/18/skolebediening-superhero-opleiding/ […]
LikeLike