Sondagskool Lesreeks: Begin by die Begin Jnr.

begin - groot

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe.  Junior lesse se kort en interaktief met baie praktiese aktiwiteite soos speletjies en illustrasies. Junior Sondagskool lesse bestaan uit G1-lesse asook Skolebediening lesse.

Lesreeks: Begin by die Begin – Junior

Hierdie was die eerste klomp lesse waarmee ons by Laerskool Piet Retief met ons Skole Bediening begin het. Ons het op daardie stadium al ‘n geruime tyd by Hoërskool Otto du Plessis bedien, maar was nie seker wat hierdie nuwe groep kinders alreeds weet en wat nog nie, so… Begin by die Begin!!

In hierdie Reeks behandel ons die volgende temas:

  1. God het jou wonderlik gemaak
  2. Sonde bederf God se plan
  3. Sleutel na die hemel
  4. Baba’s in Christus
  5. Gebed
  6. Heilige Gees 1
  7. Heilige Gees 2

SESSIE 1: God het jou wonderlik gemaak

Hierdie is die videoclip wat ons tydends die sessie gebruik het.

 

God het jou wonderbaarlik geskep. Hy het ons elkeen gemaak met ‘n plan vir ons lewens enHy is opgewonde oor ons.

1. SKOLEBEDIENING – God het jou wonderbaarlik gemaak

SESSIE 2: Sonde bederf God se plan

God het jou wonderbaarlik geskep, maar sonde het gekom en God se plan kom bederf.

2. SKOLEBEDIENING – Sonde bederf God se plan

SESSIE 3: Sleutel na die hemel

‘n Sleutel is ‘n universiele simbool regoor die wêreld. Sleutels belowe toegang, vryheid,
vervoer, beskerming en veiligheid. ‘n Sleutel word gebruik as verteenwoordiger om iets
waardevol te verkry net soos ‘n sleutel fisies ‘n deur kan oopsluit of iets wat voorheen
onbekombaar was. Die sleutel word ook in die Bybel gebruik, beide as simbool en letterlik. In hierdie les praat ons van die Sleutel wat die weg vir ons hemel toe oopsluit.

3. SKOLEBEDIENING – Sleutel na die hemel

SESSIE 4: Baba’s in Christus

Wanneer ‘n baba gebore word is mense mos baie bly en gelukkig, want dis die begin van ‘n nuwe lewetjie, ‘n nuwe begin. Jesus het aan Nikodemus in Johannes 3 verlossing beskryf as wedergeboorte. Beide fisies en geestelik begin ons as babas, maar ons bly nie babas nie – ons moet groei.

4. SKOLEBEDIENING – Babas in Christus

SESSIE 5: Gebed

Om die belangrikheid van gebed te beklemtoon, maar ook vir die kinders ‘n praktiese ‘tool’ te gee om hulle te help in hulle gebedslewe.

5. SKOLEBEDIENING – Gebed

5. GEBED – Instruksies

SESSIE 6: Heilige Gees 1

Ons kyk bietjie na die Heilige Gees se rol in ons geestelike lewenswandel.

6. SKOLEBEDIENING – Heilige Gees 1

SESSIE 7: Heilige Gees 2

Ons kyk weer na die Heilige Gees en hoe belangrik dit is om na Sy stem te luister.

7. SKOLEBEDIENING – Heilige Gees 2

Volg die skakel hieronder na ons ander Junior Sondagskool Lesse:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/sondagskool-lesse-jnr/

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s