Stories: Hoe hanteer jy Teenspoed?

hoe hanteer jy teenspoed

Hoe hanteer jy as christen teenspoed is ‘n baie interessante vraag waarop ons nie altyd ‘n antwoord het nie. Ons het baie keer ons eie verwagtings oor wat God moet doen of HOE Hy dit moet doen, dat ons gedurende die moeilike tye heeltemal uitmekaar val as gevolg van ONS verwagtings.

Tema van die Storie: Hoe hanteer jy Teenspoed?

Hierdie is die storie van ‘n dogter wat by haar pa kom kla het oor hoe moeilike die lewe vir haar is, en hoe haar pa haar op ‘n baie praktiese manier raad gegee het. Kom lees die storie as jy meer wil weet…

Hoe hanteer jy Teenspoed?

’n Jong dogter kla teenoor haar pa oor haar lewe en hoe moeilik dit vir haar was. Sy het nie geweet hoe sy dit gaan maak nie en wil net moed opgee oor al die teenspoed wat sy ervaar. Sy was moeg om te sukkel en te veg vir alles. Net sodra die een probleem opgelos is dan duik die volgende op.

Haar pa, ’n kok, neem haar na sy kombuis en plaas drie kastrolle met water in op die stoof. Spoedig kook die water in die kastrolle.

In die een kastrol plaas haar pa wortels, in die ander eiers en in die laaste gemaalde koffiebone. Hy laat die kastrolle met bestanddele verder kook sonder om ’n woord te sê.

Die dogter byt haar onderlip en wonder ongeduldig wat haar pa besig was om te maak. Sy het probleme en hy is besig om een of ander vreemde konkoksie aan mekaar te slaan. Na ongeveer ’n halfuur stap hy na die stoof en haal die drie kastrolle van die stoof af. Hy haal die wortels uit die kastrol en plaas dit in ’n opskep bak. Hy haal die eiers uit die kastrol en plaas hulle in ’n ander opskep bak. Hy neem ’n opskep lepel en versigtig skep hy van die koffie af in ’n kommetjie.

Hy draai na sy dogter en vra. “Skattebol, wat sien jy?”

Selfvoldaan antwoord sy. “Wortels, eiers en koffie.”

Hy neem haar hand nader aan die opskep bak en vra haar om aan die wortel te vat en te voel hoe hulle voel. Jy maak so en merk op dat hulle sag is. Hy vra haar toe om een van die eiers te neem en dit te dop. Nadat al die doppe af, bevoel sy die hard gekookte eier. Laastens vra hy haar om ’n slukkie van die koffie te neem. Sy trek haar gesig op ’n plooi nadat sy die vreeslike sterk koffie proe.

Verwonderd vra sy. “Wat beteken dit nou alles, Pa?”

Hy begin verduidelik. “Elkeen van die drie het dieselfde teenspoed ervaar, 98 grade Celsius kokende water. Maar ten spyte daarvan het elkeen van hulle anders reageer.”

“Die wortels met die ingegaan was sterk, hard en onbuigsaam. Maar nadat dit deur die kookwater is, het dit sag en swak geword.”

“Die eiers was breekbaar en broos. ’n Dun buite laag bedek die vloeibare inhoud. Maar na die kokende water het die inhoud hard geword.”

“Maar die koffiebone daarenteen is uitsonderlik. Na die kookwater behandeling het dit sterker en ryker geword.”

“Watter een is jy?” vra hy sy dogter.

Wanneer teenspoed klop aan jou deur, hoe reageer jy?

Is jy ’n wortel, ’n eier of ’n koffieboon?

Is jy die wortel wat sterk lyk, maar met die geringste teken van pyn en teenspoed verwelk jy en word sag sonder krag?

Of is jy die eier, wat begin het met ’n sagte hart en vervulde gees? Maar na ’n dood, ’n egskeiding, ’n verbrokkelde verhouding, ’n aflegging by die werk word jy hard. Jou buitekant lyk dieselfde maar binne is jy so verbitterd en hard met ’n ongevoelige gees.

Of is jy soos die koffieboon? Die koffieboon bereik nie sy optimale smaak en aroma totdat dit aan 98 grade Celsius blootgestel is nie. Wanneer die water warmer word, verbeter die smaak. Wanneer dinge erger word, word jy beter. Wanneer mense jou die meeste benadeel, verhoog jou lofprysing. Wanneer jou uur die donkerste is verhoog jou aanbidding van ons Almagtige Koning  tot ’n nuwe heerlike vlak.

Hoe hanteer jy vandag teenspoed?

Is jy die wortel, eiers of koffieboon?

Laai die storie hieronder in PDF formaat af:

Hoe hanteer jy teenspoed

Hierdie video clip beeld die storie vir my so mooi uit:

 

Vind hierdie pragtige storie by die skakel hieronder:

https://inspirasie.blogspot.com/search?q=hoe+hanteer+jy+teenspoed

Volg die skakel hieronder na ons ander Stories:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/stories/

 

 

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s