Onder die afdeling Internet Hulpbronne sal julle ‘n hele klomp ander webtuistes met gratis lesse vind. Onthou egter dat AL die lesse en materiaal op HIEDIE Blog ook GRATIS is.
Ons Blog is nog baie jonk en ons het nog nie lesse oor al die belangrike temas wat julle dalk wil gebruik nie. Ons probeer ook in ‘n groot behoefte aan gratis Afrikaanse lesse en jeugmateriaal voorsien. As julle van enige gratis Afrikaanse of ander oulike materiaal weet wat ons nog nie op hierdie Blog het nie, laat weet ons asseblief by “Kontak ons” sodat ons dit kan byvoeg.
Kix Bybelmedia
Ons moet net hierdie hulpbron met julle deel. Doen jouself ‘n groot guns en gaan kyk watter oulike GRATIS lesse hierdie webtuiste beskikbaar het. Jy druk net op die skakel “laai materiaal af” wanneer jy op die webtuiste is en daar sal jy ‘n LANG lys van lesse kry.
Die lesse word in twee temas ingedeel, die een is “In die voetspore van Jesus” daar is 25 lesse in die reeks. Die ander tema is “Die groot storie van God met die mens” en dit strek oor twee en ‘n half jaar. Die reeks begin by Genesis en hanteer die Bybelboeke met sy ‘hoofkarakters’.
Die lesse is lekker prakties met ‘n ysbreker en praise en worship liedjies se skakels na Youtube. Hierdie is ‘n wonderlike manier om jou kinders te help om die Bybel en God te leer ken. Na ons mening beslis die moeite werd om na te gaan kyk.
Volg die skakel hieronder na Kix se webtuiste: