Kinderkerk Lesreeks: Heilige Gees

lesreeks

AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.

Lesreeks: Heilige Gees

Wanneer ons die kleintjies van die Bybel leer,  is dit belangrik om hulle meer te leer as net die algemene Bybelverhale. Ons het ‘n Kinderkerk Lesreeks oor God die Vader, Jesus Christus en nou oor die Heilige Gees. Hierdie lesse poog om moeilike begrippe op eenvoudige maniere met speletjies en illustrasies aan die kleintjies te verduidelik.

In hierdie Reeks behandel ons die volgende temas:

  1. Drie-Eenheid
  2. Wie is die Heilige Gees?
  3. Wat doen die Heilige Gees?
  4. Hoe kry ek die Heilige Gees?
  5. Vrugte van die Gees
  6. Heilige Gees Hersieningsles

1. KINDERKERK LES: Drie-Eenheid

Voordat ons die kleintjies oor die Heilige Gees kan leer, moet hulle eers weet en verstaan (sover moontlik) van die Drie-Eenheid. Hierdie les is eenvoudig met oulike illustrasies om hulle juis te probeer leer.

KINDERKERKLES – Drie-Eenheid

2. KINDERKERK LES: Wie is die Heilige Gees?

In hierdie les leer ons van die derde Persoon in die Drie-Eenheid – die Heilige Gees. Ons leer die kleintjies dat die beste bewys wat ons het van WIE die Heilige Gees is, ons in die Bybel vind. Dis amper soos die Heilige Gees se ‘vingerafdruk’.

In die les gebruik ons ‘n toneeltjie tussen Sponge Bob en die wetenskaplike as beginpunt om vir die kleintjies van die Heilige Gees te begin verduidelik.

KINDERKERK LES – Inleiding – Wie is die Heilige Gees

Joh 14-26 – vingerafdrukke

3. KINDERKERK LES: Wat doen die Heilige Gees?

In hierdie les leer ons hoe die Heilige Gees ons help om kinders van God te wees. Hierdie is ‘n baie praktiese les wat padtekens gebruik om die kinders te leer dat die Heilige Gees ons leiding gee en ons leer om die regte pad te loop.

KINDEKERK LES – Wat doen die Heilige Gees

Padtekens

Robot

4. KINDERKERK LES: Hoe kry ek die Heilige Gees?

In hierdie les leer die kinders dat slegs mense wat hulle harte vir Jesus gee, die Heilige Gees ontvang en dat Hy ons hartjies verander. Dis ‘n praktiese les met speletjies wat die konsepte aan die kinders verduidelik.

Die kinders maak ‘n huisie as hulle prakties, want net soos ‘n huis baie kamers het, het my hartjie ook baie kamers. Daar is familie en vriende, my stokperdjies soos bv. teken, sport, lees, dit waarna ek kyk en luister en nog ander kamers. Ek moet die Heilige Gees laat bly in elke kamer van my hartjie en nie sekere kamers vir myself hou nie. Hy moet my hele hart hê.

KINDERKERK LES – Hoe kry ek die Heilige Gees

Hoe kry ek die Helige Gees – Huisie

5. KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees

In hierdie les leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. Dis ‘n praktiese les met ‘n klompie oulike speletjies wat help om die konsepte vir die kinders te verduidelik. Ons sluit ook ‘n inkleurboek met oulike, eenvoudige illustrasies oor die vrugte van die Gees in, asook ‘n klompie prente wat julle kan gebruik.

KINDERKERK LES – Vrugte van die Gees

Vrugte van die Gees – prente

Vrugte van die Gees – Inkleurboek

6. KINDERKERK LES: Heilige Gees Hersieningsles

In hierdie les hersien ons alles wat die kinders die kwartaal rondom die Heilige Gees geleer het deur middel van speletjies

KINDERKERK LES – Heilige Gees Hersienings Les

Volg die skakel hieronder vir na ander Kinderkerk lesse:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/kinderkerk/

 

 

2 comments

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s