AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
Lesreeks: God die Vader
Wat weet ons kinders werklik van God af? Ken hulle Hom soos Hy homself deur Sy Woord aan ons bekendmaak, of ken hulle soos die wêreld Hom skilder? Hierdie lesreeks kyk na die verskillende eienskappe van God. Dis eenvoudig en interaktief en daarop gemik om kinders weer onder die indruk te bring van die amazing God wat ons aanbid. Kyk gerus na ons ‘Blogpost’ #Sleutelgedagtes: Handleiding vir die gebruik van ons lesse, dit gee ‘n uiteensetting van ons lesse.
Hierdie reeks is ook vir Graad 4-6 kinders by die volgende skakel beskikbaar:
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/06/03/junior-jeug-reeks-god-die-vader/
In hierdie Reeks behandel ons die volgende temas:
- Wat weet jy van God?
- God bly altyd dieselfde
- Drie-Eenheid
- God is Heilig
- God is Liefdevol
- God is Goed
- God is Jaloers
- God moet Gevrees word
SONDAGSKOOL LES 1: Wat weet jy van God?
Ken jy God soos Hy homself in Sy Woord aan ons bekendmaak, of soos die wêreld Hom vir ons skilder?
1. SONDAGSKOOL LES – Wat weet jy van God
SONDAGSKOOL LES 2: God bly altyd dieselfde
God se Woord sê dat Hy gister, vandag en tot in alle ewigheid dieselfde is.
2. SONDAGSKOOL LES – God bly altyd dieselfde
SONDAGSKOOL LES 3: Drie-Eenheid
Hierdie amazing God wat ons aanbid is so komplek dat Hy drie persone in een is, iets wat ons menslike verstand nooit werklik sal verstaan nie.
3. SONDAGSKOOL LES – Drie-Eenheid
SONDAGSKOOL LES 4: God is Heilig
Die wêreld is besig om sonde so te probeer regverdig dat ons as kinders van God nie aldag meer weet wat Heiligheid volgens God se standaarde beteken nie. God se opdrag aan Sy kinders is duidelik in Sy Woord – Wees heilig, want Ek is heilig!
4. SONDAGSKOOL LES – God is Heilig
4. God is Heilige – Blokraaisel
SONDAGSKOOL LES 5: God is Liefdevol
Die wêreld probeer God skilder as hierdie wrede God wat Sy enigste Seun – waarin hulle nie eers glo nie – aan ‘n kruis laat sterf het. God het ons so lief DAT Hy Sy enigste Seun aan ‘n kruis vir ons sondes laat sterf het.
5. SONDAGSKOOL LES – God is Liefdevol
SONDAGSKOOL LES 6: God is goed
Die Woord van God sê dat niemand goed is nie, behalwe God.
6. SONDAGSKOOL LES – God is Goed
SONDAGSKOOL LES 7: God is jaloers
God het ons so lief, dat Hy jaloers is op al ons liefde en aandag, maar Sy jaloers wees is nie dieselfde as die wêreld s’n nie.
7. SONDAGSKOOL LES – God is Jaloers
SONDAGSKOOL LES 8: God moet gevrees word.
Om God te vrees beteken nie dat ek bang vir Hom moet wees nie. Dit beteken dat ek ontsag vir Hom moet hê, dat wat Hy van my verwag belangriker moet wees as wat ek wil hê.
8. SONDAGSKOOL LES – God moet gevrees word
Volg die skakel hieronder na ons ander Sondagskool Lesse:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/sondagskool-lesse-snr/
[…] https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/05/16/lesreeks-senior-sondagskool-god-die-vader/ […]
LikeLike
[…] https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/05/16/lesreeks-senior-sondagskool-god-die-vader/ […]
LikeLike
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2017/05/16/lesreeks-senior-sondagskool-god-die-vader/ […]
LikeLike
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2017/05/16/lesreeks-senior-sondagskool-god-die-vader/ […]
LikeLike