#Sleutelgedagtes: Praise and Worship

praise and worship - groot

Praise and Worship of Lofprysing en Aanbidding is ‘n baie belangrike deel van ons verhouding met God. Ongelukkig sukkel meeste van ons om die kinders te kry om daaraan deel te neem.

Hier is ‘n paar van die probleme rondom kinders en Praise and Worship:

  • Ons weet nie altyd van watter Praise and Worship musiek die kinders hou nie.
  • Ons weet nie altyd hoe die jeug daarvan hou om te Praise and Worship, en of hulle enigsins daarvan hou nie.
  • Ons vrees soms die oomblik as die musiek begin, want ons weet nie hoe die kinders daarop gaan reageer nie, gaan hulle saamsing, of net gaan sit en nie verder ‘deelneem’ nie.
  • Tieners is baie skaam en wil nie altyd deelneem nie.

Hier is ‘n paar goed wat ons geleer het:

  • Ons bid oor ons liedjies – ons leer elke kwartaal ‘n nuwe liedjie – en so getrou soos die Here is lei Hy ons elke keer na die regte liedjie op die amazingste manier.
  • Ons het nie ‘n ‘band’ nie, maar maak meestal gebruik van liedjies wat ons van Youtube aflaai.
  • Ons kinders staan wanneer ons Praise and Worship – party op die verhoog en party onder op die vloer – net waar hulle gemaklik is. Net as ‘n kind nie lekker voel nie word hulle toegelaat om te sit, anders staan ALMAL!
  • Ons Jeugwerker het ‘n amazing salwing en sy werk bewegings vir die liedjies uit wat die kinders dan doen terwyl hulle Praise and Worship. Die bewegings moet natuurlik ook ‘funky’ wees en nie altyd dieselfde nie – elkeen van ons liedjies het daai x-faktor wat die kinders dit net oor en oor wil laat sing.
  • Kinders is gewoond om te beweeg op hulle eie musiek, en jy kry hulle makliker betrokke by Praise and Worship as hulle bewegings saam met dit kan doen.
  • Aan die begin is dit iets om aan gewoond te raak as die kinders dit nie so doen nie, maar dis ‘n ‘gogga’ wat hulle vinnig byt. Ons kinders kan nie genoeg kry van Praise and Worship nie, en die vraag op almal se lippe op ‘n Woensdagaand is “tannie wat sing ons vanaand”.
  • Kry iemand met ‘attitude’ – soos ons jeugwerker – wat die bewegings voor doen, en die kinders volg baie vinnig die voorbeeld. Dit werk ook goed om die bewegings vir nog ‘n paar kinders te leer, en dit saam te doen.
  • Ons begin om ‘n nuwe liedjie eers vir so drie weke te leer voordat ons die bewegings byvoeg, anders beweeg die kinders net, maar het nie ‘n idee wat die woorde is nie.
  • Ons jeugleiers dans natuurlik saam met die kinders, daar word nie van die kinders  verwag om iets te doen wat die ‘grootmense’ nie bereid is om saam te doen nie.

Laat tegnologie vir jou werk:

  • Elke kwartaal wanneer ons ons nuwe liedjie se beweging ingeoefen het ‘record’ iemand in die gemeente dit vir ons (niks profesioneel nie, net iemand wat gewillig is en ‘n goeie kamera het).
  • Ons maak dan van tegnologie gebruik om die ‘danse’ tot die kinders se beskikking te stel.
  • Ons het ‘n whatsapp groep waarop ons die videclips van die danse laai, ‘n jeug Facebook blad, asook ‘n Youtube channel waarop ons dit laai. Die kinders leef, eet en drink tegnologie – gebruik dit tot jou voordeel.

Maak plek vir die jeug tydens ‘n erediens:

  • Ons het so paar jaar gelede begin om ‘plek’ te maak vir ons kinders tydens die Sondagoggend diens.
  • Die eerste twee liedjies op ‘n Sondagoggend behoort aan die jeug. Die wat kans sien gaan saam met die leiers verhoog toe, en ons dans die eerste twee liedjies op die verhoog.
  • Dis ongelooflik om te sien hoe almal in die kerk van jonk tot oud dit geniet, maar ook die ‘atmosfeer’ wat dit onmiddelik in die kerk skep. Ons bejaardes is elke vakansie onsteld wanneer die kinders nie ‘dans’ nie.

Die volgende is ‘rou-materiaal’ van ons praise and worship op ‘n Woensdagaand. Ons eerste twee liedjies is vir ons Kleinspan- Graad R-3, maar ALMAL sing saam, daarna gaan hulle uit, en dan is daar nog drie liedjies vir die Graad 4-12 groep. 

Hier is ‘n ‘playlist’ op Youtube met al ons danse – gaan kyk gerus daarna.

Volg die skakel hieronder na ons ander #Sleutelgedagtes:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/sleutelgedagtes/

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s