AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
Lesreeks: Wees lig
Hierdie lesreeks kyk na hoe ek as kind van God ‘n verskil in die wêreld kan maak deur die manier hoe ek leef en deur anders te lyk as die wêreld. Kyk gerus na ons ‘Blogpost’ #Sleutelgedagtes: Handleiding vir die gebruik van ons lesse, dit gee ‘n uiteensetting van ons lesse.
In hierdie reeks behandel ons die volgende temas:
- Hersiening en Inleiding
- Sout vir die aarde
- Fondasie
- Om Christus se beeld te reflekteer
- Om vir ander lief te wees
- Ping-pong Christene
SONDAGSKOOL LES 1: Hersiening en Inleiding
In hierdie les doen ons bietjie hersiening van die tema wat ons die vorige kwartaal gedoen het – My pad saam met Jesus – en gee ‘n inleiding van hierdie reeks se tema – Wees Lig.
1. SONDAGSKOOL LES – Hersiening en Inleiding vir nuwe Kwartaal
SONDAGSKOOL LES 2: Sout vir die aarde
Hoe proe kos sonder sout? Hoe lyk ons lewens as kinders van God as ons nie ‘smaak’ aan die wêreld om ons gee deur anders as die wêreld te leef nie?
2. SONDAGSKOOL LES – Sout van die aarde
SONDAGSKOOL LES 3: Fondasie
Vir enige huis is dit nodig om ‘n stewige fondasie te hê – so ook vir jou ‘geloofshuis’.
SONDAGSKOOL LES 4: Om Christus se beeld te reflekteer
Dit help nie ons sê ons is God se kinders, maar dan leef ons soos die wêreld nie – die wêreld moet Christus se beeld in ons kan sien.
4. SONDAGSKOOL LES – Om Christus se beeld te reflekteer
SONDAGSKOOL LES 5: Om vir ander lief te wees
Dis baie moeilik om jou vyande lief te hê en die wat jou nie so goed behandel nie, maar dis wat God van ons as Sy kinders verwag, hoe moeilik dit ookal vir ons is.
5. SONDAGSKOOL LES – Om vir ander lief te wees
SONDAGSKOOL LES 6: Ping-pong Christene
God wil hê dat ons standvastig in Hom sal raak, en in ons geloof. Hy wil nie hê dat ons soos ‘n ping-pong-balletjie heen en weer moet rondspring nie.
6. SONDAGSKOOL LES – Ping Pong Christene
Volg die skakel hieronder na ons ander Sondagskool Lesse:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/sondagskool-lesse-snr/
[…] 18. Lesse […]
LikeLike
[…] https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/05/12/lesreeks-senior-sondagskool-wees-lig/ […]
LikeLike