#Sleutelgedagtes: Verstaan die kinders waarmee jy werk

verstaan die kinders - groot.jpg

Ek glo dat almal wat by ‘n jeugbediening betrokke is ‘n liefde vir kinders het. Liefde is en bly altyd ons belangrikste stuk ‘gereedskap’ wanneer ons met kinders werk, maar as ons die kinders beter verstaan, kan ons hulle ook beter help.

In die area waar ons bedien is baie armoede en baie verlies vir ons kinders, die Here het ons die opdrag gegee om met “sagte, ferm hande” met ons kinders te werk, want hulle het BAIE seer. Ons probeer altyd verstaan HOEKOM ‘n kind optree soos hulle doen, in plaas van hulle gedrag net te veroordeel as onmoontlik, stout of moedswillig. Op hierdie manier kry ons soveel beter resultate en bereik ons die kinders op ‘n emosionele vlak wat  hulle baie meer ontvanklik maak op ‘n geestelike vlak. Ons deel graag die volgende inligting met julle wat ons baie gehelp het. Ongelukkig is baie daarvan in Engels, omdat daar nie goeie materiaal in Afrikaans beskikbaar is nie.

Die graad 4-7 “Aliens”

Hierdie artikel “Understand the quirky preteen brain” het ons so baie gehelp om die kinders van die Graad 4-6 ouderdomsgroep beter te verstaan. Dis ‘n moeilike groep om mee te werk, want hulle is moeilik om te vertaan. Hierdie artikel het ons laat besef dat hulle nie moedswillig of moeilik is nie, dis die ouderdomsfase waarin hulle is, en as ons hulle beter verstaan, kan ons hulle beter hanteer. Gaan lees dit gerus.

http://preteenministry.net/awesome-lessons

Ontwikkelingsfases van kinders

Ons kon ongelukkig nie ‘n Afrikaanse webtuiste opspoor wat ‘n goeie uiteensetting van die ontwikkelingsfases van kinders het nie. Hierdie is wel ‘n webtuiste vir onderwysers, maar jy kan gerus gaan loer na die inligting wat hulle rondom die verskillende ouderdomsgroepe se ontwikkelingsfase het. Hulle dek van Graad R-12.

https://www.teachervision.com/grades-stages-development

characterstics-of-development-stages

Verlies en die rouproses

Daar is baie redes hoekom die kinders in ons groepe optree soos hulle doen. Baie kinders het ‘n ouer aan die dood afgestaan, en baie se ouers is geskei – watter verlies die kind ookal ervaar, dit beïnvloed baie keer hulle gedrag, en daarom is dit belangrik dat ons sal jeugleiers die rouproses sal verstaan ten einde ons kinders beter te verstaan. Gaan kyk gerus na die artikels hieronder en help jouself om jou kinders beter te verstaan.

 

https://slakkelak.wordpress.com/2011/10/21/rou-is-%E2%80%98n-proses-vir-almal-van-ons-een-of-ander-tyd/

http://www.dieweg.co.za/artikelkategorie/diewegartikel76.html

http://www.visualistan.com/2014/02/understanding-stages-of-grief-infographic.html

Aandagafleibaarheid / Hiperaktiwiteit:

Aandagafleibaarheid en Hiperaktiwiteit  is ‘n realiteit onder die kinders wat ons bedien. Ouers wat kinders het wat aan bogenoemde lei is gewoonlik baie meer simpatiek rondom ander kinders wat ook daaraan lei. Dis egter belangrik om te weet wat die ‘simptome’ is, ten einde te weet hoekom die kind optree soos hy doen. Hier is ‘n paar artikels oor die onderwerp wat jou dalk mag help, meeste is oor hoe om dit binne ‘n jeugbediening te hanteer.

http://www.wie-is-ek.co.za/en/onderwerpe/kinders/aandag-afleibaarheid-hiperaktiwiteit-adhd

http://www.lifeway.com/Article/ministry-Ministering-to-Youth-with-Attention-Deficit-Disorder

http://youthministryunleashed.com/5-myths-youth-workers-believe-about-adhd/

Depressie en ons jeug

Depressie is ‘n woord wat ons gewoonlik net met volwassenes assosieer, maar so hartseer soos dit is, lei al meer kinders en tieners deesdae daaraan. Hier is ‘n paar artikels wat jou meer inligting oor die onderwerp sal gee, en twee oulike videolcips wat dalk mag help.

 

 

http://www.wie-is-ek.co.za/en/leesstof/kinders-met-depressie

http://www.christianitytoday.com/pastors/2013/april-online-only/addressing-depression-and-suicide-in-your-church.html

Volg die skakel hieronder na ons ander #Sleutelgedagtes:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/sleutelgedagtes/

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s