AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
Lesreeks: My pad as Christen
Hierdie reeks kyk na die verskillende fasette van ons pad as Christene. Dis baie eenvoudig, maar juis treffend in die eenvoud daarvan.
In hierdie reeks behandel ons die volgende temas:
- Die sleutel na die hemel
- Baba’s in Christus
- God se Woord
- Gebed
- Kerk
- Om op God te wag
- Heilige Gee
SONDAGSKOOL LES 1: Die sleutel na die hemel
Hierdie les wys Jesus as die Weg na Verlossing, die sleutel na die hemel, die sleutel na die ewigheid.
1. SONDAGSKOOL LES – Die sleutel na die hemel
SONDAGSKOOL LES 2: Baba’s in Christus
Hierdie les leer kinders dat ons moet groei as Christene en dat ons nie vir altyd baba’s in geloof kan bly nie.
2. SONDAGSKOOL LES – Babas in Christus
SONDAGSKOOL LES 3: God se Woord
In hierdie les leer kinders die belangrikheid van God se Woord vir ons alledaagse lewens, maar ook vir ons geestelike groei.
3. SONDAGSKOOL LES – God se Woord
SONDAGSKOOL LES 4: Gebed
Hierdie les leer kinders hoe belangrik gebed is en dat dit een van die hoof sleutels van ons pad as gelowiges is.
SONDAGSKOOL LES 5: Kerk
In hierdie les leer ons die kinders waarom ons kerk toe gaan en hoe belangrik die samekoms van die gelowiges is.
SONDAGSKOOL LES 6: Om op God te wag
Hierdie les kyk na die belangrikheid om op God te wag en nie ons ‘eie ding’ te doen nie.
6. SONDAGSKOOL LES – Om op God te wag
SONDAGSKOOL LES 7: Heilige Gees
In hierdie les leer die kinders meer oor Wie die Heilige Gees is, en waarom Hy so belangrik vir ons as gelowiges is.
7. SONDAGSKOOL LES – Heilige Gees
Volg die skakel hieronder na ons ander Sondagskool Lesse:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/sondagskool-lesse-snr/
[…] https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/05/04/__trashed-4/ […]
LikeLike